Twee Suid-Afrikaanse heelagters was Saterdag die onderskeie spanne se speler van die wedstryd in ʼn kragmeting in die Spaanse Liga van Eer.
Juandré Kleynhans het op die koop toe twee drieë vir Burgos teen Valladolid gedruk, met JW Bell wat een vir laasgenoemde gedruk het.
Valladolid het die wedstryd met 64-22 gewen.
Freginald Africa (bank-agsteman) het nóg een van Burgos se drieë gedruk, en Dunlop Wagenaar (slot) is as nog een van die uitblinkers uitgesonder.
Kleynhans het die Griffons op o. 21-vlak verteenwoordig; Bell het SuperRugby vir die Lions gespeel; Africa het vir Boland in die Curriebeker-reeks uitgedraf; en Wagenaar het die Sharks se o. 21-trui gedra.
♦ ʼn Derde Suid-Afrikaanse heelagter, Marco Mason, het ʼn doelskop tot Santboiana se sege van 27-14 oor Hernani bygedra.
Hy het die Vrystaat-vyftiental in die opstelronde van die Curriebeker verteenwoordig.