SA in die pekel in sesde plek op wêreldranglys

wereldrugby-logoSuid-Afrika is nou sesde op Wêreldrugby se ranglys na die verrassende oorwinning Saterdag van die beseringsgeteisterde Skotland oor Wallis.

Skotland het daarmee van die agste plek na nommer vyf opgeskuif en by Frankryk (nou agste nadat hy teen Ierland verloor het), Wallis (nou sewende) en Suid-Afrika verbygeskuif – en dit kan Suid-Afrika duur te staan kom.

Dit was die Skotte se eerste oorwinning in tien jaar oor Wallis.

Die oorwinning het vir hulle 1,28 punte op die ranglys beteken en hulle het daarmee hulle hoogste posisie nóg op die ranglys.

Met nog twee wedstryde in die Sesnasiesreeks oor, kan hulle selfs vierde eindig as hulle Engeland Saterdag oor ʼn week klop. Dit sal aan hulle ʼn beter loting vir die 2019 Wêreldbekertoernooi gee wanneer die loting in Mei gedoen word.

Suid-Afrika kan nie sy posisie verbeter nie omdat hy nie voor die loting speel nie. Die Springbokke moet nou maar hoop die ander spanne wen en verloor in die regte permutasies tot Suid-Afrika se voordeel.

Soos sake nou staan, in sesde plek, kan die Bokke ʼn uiters ongewenste loting in ʼn sterk groep in die WB kry.

Wêreldranglys (Top 10) –

  1. Nieu-Seeland 94.78
  2. Engeland 91.02
  3. Australië 86.35
  4. Ierland 84.18
  5. Skotland 82.18
  6. Suid-Afrika 81.79
  7. Wallis 81.16
  8. Frankryk 80.57
  9. Argentinië 79.91
  10. Fidji 76.46

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Veritas ·

Van derde plek in die wêreldbeker tot sesde plek een jaar later. Nou is die vraag: Wat het verander sedert die wêreldbeker?

ben ·

Eers my job, toe my taal, toe my rugby ! Ai dit laat ‘n man kriewelrig word want ons is al so gewoond om “losers” te wees dat no 6 nogal goed is. Ons moet saam met die minister strewe na no 10. As ons eers daar is kan ons rustig raak oor die kwessie van verloor. Dankie mnr. Mbalula, jou ou staatmaker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.