SA o.20-kaptein lei Blou Bulle met drie Bokke

blou-bulle-logoVerlede jaar se SA o.20-kaptein lei die Blou Bulspan, wat drie Springbokke insluit, in sy littelosmaker Saterdag teen die Pumas op Witbank.

Die kaptein is Hanro Liebenberg, wat nes sy broer Wiaan die SA juniors aangevoer het. Laasgenoemde speel nou vir Montpellier in Frankryk.

Die Springbokke Piet van Zyl (skrumskakel) en Deon Stegmann (flank) is in die opdrafspan, en Dean Greyling (stut) is op die bank.

`n Paar nuwelinge soos die vleuel Luther Obi (voorheen van die OP Kings) en Entienne Swanepoel (gewese stut van die WP junior spanne) maak hul buiging vir die Blou Bulle, en die Zimbabwegse sewesspeler Tapiswa Tsomondo begin op die bank.

Die opbrengs van die wedstryd gaan vir die Helpende Hand-stigting, wat 2 100 gesinne bystaan wat deur die sluiting van staalfabrieke in die Witbank-omgewing geraak word.

Die Blou Bulle se Curriebekerseisoen begin Vrydag teen die Westelike Provinsie op Nuweland.

Die spanne –

Blou Bulle: 15. Kafentse Mahlo, 14. Luther Obi, 13. Jade Stighlingh, 12. Dan Kriel, 11. Nazo Nkala, 10. Tony Jantjies, 9. Piet van Zyl, 8. Hanro Liebenberg (kaptein), 7. Freddy Ngoza, 6. Deon Stegmann, 5. Marvin Orie, 4. Irne Herbst, 3. Entienne Swanepoel, 2. Callie Visagie, 1. Nqobisizwe Mxoli. Bank (uit): 16. Jan van der Merwe, 17. Njabulo Gumede, 18. Dean Greyling, 19. Hencus van Wyk, 20. Le Roux Roets, 21.Tapiswa Tsomondo, 22. Riekert Hattingh, 23. Theo Maree, 24. Manie Libbok, 25. JT Jackson, 26. Louwtjie Steenkamp.
Pumas: 15. Heinrich Steyl; 14. Tyler Fisher, 13. Hoffmann Maritz, 12. Hennie Skorbinski, 11. Marcello Sampson; 10. Justin van Staden, 9. Emile Temperman; 8. Carel Greeff, 7. Lambert Groenewald, 6. Marnus Schoeman, 5. Hugo Kloppers (kaptein), 4. Stephan Greeff, 3. Marné Coetzee, 2. Swys du Toit, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Simon Westraadt, 17. Jacques Kotzé, 18. Jannie Stander, 19. Nardus van der Walt/Dylan Peterson, 20. Reynier van Rooyen, 21. Ruwellyn Isbel, 22. Bernado Botha, 23. Wilmaure Louw, 24. Reuben Johannes, 25. Wiehan Hey, 26. Leighton van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.