ʼn SA o.20-speler, wat reeds Superrugby vir die Stormers gespeel het, maak Vrydag op Nuweland sy buiging vir die Westelike Provinsie teen die Goue Leeus.
Cobus Wiese (20) is op flank in die span ingesluit nadat ʼn skouerbesering hom uit die eerste deel van die reeks gekou het.
Hy vervang Kobus van Wyk.
In die enigste ander verandering in die opdrafspan vervang die Springbok Dillon Leyds ʼn ander Bok, die beseerde Bjorn Basson, op regtervleuel.
Die span –
15. SP Marais, 14. Seabelo Senatla, 13. EW Viljoen, 12. Huw Jones, 11. Dillyn Leyds, 10. Damian Willemse, 9. Jano Vermaak, 8. Nizaam Carr, 7. Cobus Wiese, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Scarra Ntubeni, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Ramone Samuels, 17. Caylib Oosthuizen, 18. Michael Kumbirai, 19. Eddie Zandberg, 20. Steph de Wit, 21. Dewaldt Duvenage, 22. Dan Kriel.
Vervang seker vir Kobus van Dyk?