SA puntemasjien skop nog 11 vir Rovigo

Stef Basson (Foto: rugbynews.eu)

Stef Basson (Foto: rugbynews.eu)

Rovigo se SA puntemasjien het Saterdag nog elf punte vir die Italiaanse kampioen in dié land se Super 10-reeks aangeteken.

Die Blitsbok Stef Basson het vier doelskoppe en `n strafdoel in sy span se oorwinning van 50-26 oor Reggio behaal.

Een van Rovigo se ses drieë is deur Jacques Momberg, `n gewese Curriebeker-haker van die Pumas, gedruk.

 In dieselfde reeks het die slot Michael van Vuren `n drie vir Mogliano gedruk in sy sege van 25-13 oor San Dona.

Die 26-jarige Van Vuren, wat in Oos-Londen gebore is, het reeds vir Opkomende Italië gespeel.

Anglo-Walliese Beker

 In die reeks om die Anglo-Walliese Beker het Shaun Malton (haker) `n drie vir Exeter teen Wasps gedruk.
Exeter het die kragmeting 52-5 gewen.

Malton het vir die SA Skolespan en o.21-rugby vir die Sharks gespeel.

 Die Springbok-senter Wynand Olivier het `n drie vir Worcester teen Harlequins gedruk in hul wedstryd in dieselfde reeks wat Quins 28-22 gewen het.

Dié uitklopreeks word tussen die 12 top- Engelse klubs en die vier Walliese streke uitgespook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.