SA Rugby helder Goue Beker-bespiegelings op

Die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker sal nie vanjaar beslis word nie, maar daar is geen sprake van dat die reeks geskrap is nie.

ʼn SA Rugby-woordvoerder het by navraag aan Pale Toe! gesê dié liggaam het ná diepe oorlegpleging met alle belanghebbendes besluit om die reeks na sy oorspronklike tydgleuf aan die begin van die seisoen terug te skuif, en bespiegeling dat dit geskrap word, is feitelik verkeerd.

“Ons het reeds ʼn borg vir die reeks gekry, en sal binnekort ʼn aankondiging hieroor doen, asook oor wat te wagte kan wees vroeg in 2019 wanneer die Goue Beker-reeks hervat word,” het hy gesê.

Diegene wat oor die verskuiwing geraadpleeg is, sluit die bonde, klubs, die nuwe borg en SuperSport in.
ʼn Paar spanne het reeds seker gemaak dat hul plek in die reeks bespreek is.

College Rovers sal weer KwaZulu-Natal verteenwoordig, Welkom die Griffons, en Bloemfontein Polisie die Vrystaat.

Die Blou Bulle het ʼn nuwe verteenwoordiger in die Naka Bulle, wat Quins-Bobbies-rugby (QBR) vervang. Dis die eerste keer dat dié klub aan die reeks deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.