SA Rugby maak “grensverskuiwende besluite”

Mark Alexander. Foto: Facebook/Saru

Mark Alexander. Foto: Facebook/Saru

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Vrydag gesê hy het talle grensverskuiwende besluite geneem wat verreikende gevolge vir rugby in Suid-Afrika gaan inhou.

Die besluite volg nadat Mark Alexander, president van Saru, vroeër ʼn omkeerstrategie vir rugby beloof het, nadat hy gesê het die Springbokke het ʼn “uiters teleurstellende” seisoen beleef.

Alexander het gesê dis belangrik om oor SA Rugby se administrasie en die Springbokke te besin, omdat die span “ondersteuners, borge en uitsaaivennote in die steek gelaat het”.

“Ons het talle groot besluite geneem, wat oor ʼn tydperk sal bydra om rugby in Suid-Afrika beter te maak en die Springbokke by te staan,” het Alexander gesê.

“Ons maak geen geheim daarvan dat rugby, nes ander ondernemings in ʼn  taai ekonomiese stryd gewikkel is nie. Die besluite wat geneem is, maak ons meer vaartbelyn met moderne sakepraktyk.”

Alexander het gesê van die sleutelveranderinge wat goedgekeur is, sluit in:

  • Derde partye kry ʼn 74% aandeel in unies se sakebelange
  • Die verdubbeling van onafhanklike verteenwoordiging in die uitvoerende raad tot vyf lede en ses verteenwoordigers vir die spelers
  • Franchise- en nie-franchise-komitees sal voortaan kommunikasie tussen unies en die uitvoerende raad verbeter en aanbevelings maak ten opsigte van kompetisies en wedstrydsake
  • Die verantwoordelikheid om ʼn Springbokafrigter en uitvoerende hoof aan te wys, sal voortaan by die uitvoerende raad berus
  • Die kieskomitee sal voortaan wegval, terwyl ʼn aangewese samesteller saam met die afrigters sal werk
  • Belyning met Suid-Afrika se geopolitieke grense deur te beweeg na nege lede van die SA Rugbyunie
  • Die beëindiging van die visepresident se rol aan die einde van die termyn in 2018.

Lees die volledige verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

zahn ·

En eintlik bereik hulle net mooi niks. Nie een van hierdie punte dra by tot ‘n wenkultuur nie. Die springbok is uitverkoop. Shame.

rud ·

Net soos jy dit se. Nie een enkele punt gaan n verskil maak nie. Alle rolspelers is getransformeer. Van bo tot onder en al wat agterbly is die wrang smaak. Dis eintlik ‘n goeie ding. Vir jare was ek vasgevang in sport wat net vermaak is. Daar is baie meer dinge in die wereld wat mens se energie nodig het. Baie bokke:(

Jan ·

Moenie die Springbok verder verneder nie, skiet hom. ‘n Era is verby, kry dit in jul koppe, waarom uitstel?

Waarom dink ek nou aan die gans wat die gouer eiers gelê het?

Pietser ·

Volgende jaar wen die Bokke weer dan is julle bekke doodstil. Genade maar julle is ‘n negatiewe klomp. Die Bokke het waaragtig nie sulke ondersteuners nodig nie. Gaan speel jukskei op Orania en los die Bokke uit.

leon - Centurion ·

Dis reg Pietser, kry jy die kaartjies dan gaan skree ons vir die bokke op Ellispark as hulle kragte meet met Japan, Georgia en Italie.

Ons kan dalk selfs wen!

Paul dB ·

Nie negatief nie! Net realisties! Ek sou nou weer kon sê jy klink na ‘n volstruis. Wanneer dinge skeefloop druk jy jou kop indie sant. Indien jy van mening is dat ‘n positiewe gesindheid die saak gaan verander, is ek oortuig dat daar ‘n groot verrassing op jou wag. Al wat die springbok gaan red, is genadedood, want poletiek sal nie uit SA-sport verdwyn nie en dus is die Springbok dood!

Lance ·

Verander asb die naam na iets anders want die Sorinbok word nou deur die modder gesleep en dan ploeter julle maar voort …kyk nie meer nie en weet ook van baie ander …kyk maar hoe leeg is die stadions….se baie !

Johanna Botha ·

Sal regtig verbaas wees as die spul weer kan regkom …skrif is ongelukkig teen die muur

John ·

Die nuwe voorsitter was/is glo betrokke by atletiek en nou ook by rugby. Waar kom sy rugby-kennis vandaan aangesien hy skynbaar van Indiese afkoms is, ‘n groep wat tot dusver regoor die wereld nie veel in die’ kontakssport belang gestel het nie. Hy is ook by verskeie lae profiel besighede betrokke, skynbaar buite die sportwereld. Dis nogal vreemd, maar hy is onbestrede as voorsitter verkies. Nou wil hy rugby privatiseer. Besef die unies wat dit impliseer of wag hulle vir die chaos voordat hulle met ‘n groot geskreeu wakker skrik. Kom ons raai wie die haaie gaan koop. Die wins uit rugby gaan in sekere sakke beland en toutjies gaan getrek word. Groot baklei en ongelukkigheid wag op rugbykykers en ‘n laaaang en pynlike dood vir die springbokkie.

Henry ·

Haaie sal deur hierdie droewe land se grootste geld-Shark gekoop word. Al elewintie twentie haaie kan naweke heerlik in die Shark se ‘firepool’ ontspan.

ertjie ·

Ek wens hulle wil besef dat die publiek nie belangstel in korporatiewe sport nie. Geld verwoes alles. Ons sportspanne gaan nou amptelik deur 3de party maatskappye besit word. Wat n grap.

Jan ·

Dink aan watter Mpye sal daarin belê? Nie as hulle nie moewiese inspraak kan hê nie, en nie moggetroffe nie.

Jan ·

Ek kan byvoeg, waarom gooi die regering nie sommer ‘n paar semi-staatsinstellings daarby in nie?

Adoons ·

Mark, my ou maat, die probleem is nie ‘n tekort aan geld nie. Die probleem is nie ‘n gebrek aan kundigheid nie. Die probleem is dat julle politiek – gedwonge transformasie ten koste van meriete – deel van spankeuses en aanwys van afrigters gemaak het. Dis hoekom die manne nie meer moraal het nie.

Jan ·

Adoons, jy is reg, ek mag jou mos so noem, maar as ek hulle so noem, is ek ‘n rasis en dan is die helle van alle kleure los.

My tweesent bydrae ·

Ek spandeer my geld vir rugbykaartjies op fliekkaartjies . My beste besluit vanjaar .

My tweesent bydrae ·

Ja Fritz . Kom ons ontleed die kostes . Hektoegang vir drie . Driehonderd rand . Parkering . Honderd rand . Verversings . Tweehonderd rand . Totaal . Seshonderd rand . Vir n afministratiewe getjommel ?

Lance ·

En om ook te dink dan die zim dollar in die vroee 70 s sterker as n Britse pond was …..hehe kyk waar le jy nou ….lekker alles deurgetrek en daar is blykbaar nou minder as 10 000 blankes in zim …Dis nou vir jou n GROOT gemors !

danie ·

Ek persoonlik dink die ou stelsel waar jy na skool vir n klub gaan speel en dan deur die ranks gaan tot provinsiaal moet weer na gekyk word , as n ou op craven week goed doen is hy sommer volgende jaar in n super span, om goed te speel op craven week beteken nie jy het ondervinding nie

Jan ·

Danie, 100 vir jou, maar is daar nog klubs? Jy moet onthou die regering het ander doelwitte as om na kwaliteit te kyk, hulle wil net swart gesigte sien wat betrokke, besig is en werk het. Elke gaaitjie moet gevul word. Soos hulle met die departemente se mense gemaak het, maak hulle met die private sektor, deur wetgewing en regulasies en met sport. Swart mense moet nou die openbare ruimtes oorheers.

Kwotas, transformeer, noem dit wat jy wil, rasisme.

Dit is ook hoekom hulle tog nie, al was daar in die verlede dreigemente, die Springbok ooit sal skiet nie, hulle wil wys hulle het dit gekaap, ‘n trofee wat hulle in die lug kan hou, lewendig hou, triomfantlik, dit vir die wêreld kan wys. DIT is die realiteit.

Johanna Botha ·

Die sokker is ook in die moeilkheid want waneer laas het hulle tog iets gewen

Jan ·

Johanna, mag ek byvoeg, die rugbyraad edm is ook mos al klaar getransformeer. Is ek ‘n rasis of is dit die realiteit? Dan ook, baie mense met kundigheid in die sport, ook spelers en top skool presteerders, stel net nie meer belang nie, juis oor die gedurige politieke inmenging.

Boerseun ·

Hehe. Met die gedeeltlike privatiseering kan privaat sektor blameer word vir als in toekoms. Probleem gaan wees as buitelander dit besit waai nog meer spelers

Jan ·

Boerseun, jy kan maar doen. Ek sien Remgro is nou met die nuwe konsep by die bankrot, of so te sê bankrot, Wee Pee betrokke. As ek reg het besit hulle mos ook die Engelse klub Saracens. Jy stel nie dalk in die PBB RC (dis nou eie Pienk Blou Bulle Rugby Klub) belang nie? Julle sal egter verlief moet neem dat daar met jul spankeuses ingemeng gaan word.

REAList ·

Dankie tog ek het net kleindogters.
Hoef nie oor rugby te worrie nie.
Het lankal dstv opgegee.
En om tyd te mors deur rugby te kyk….
Daar is baie meer belangrike dinge om te doen by die huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.