SA Rugby nomineer sy uitblinkers

 

rug_1860701c[1]

Vyf lede van die Springbokspan – Jean de Villiers (kaptein), Bismarck du Plessis, Eben Etzebeth, Willie le Roux en Duane Vermeulen – ding mee om as die speler van die jaar gekroon te word.

Etzebeth is ook genomineer as Absa se jong speler van die jaar en kompeteer teen Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Jan Serfontein en die blitsige Cheslin Kolbe.

Die lys vir afrigter van die jaar bevat name soos Heyneke Meyer, Jimmy Stonehouse en Brendan Venter.

Die Pumas se puntemasjien Rosco Speckman is genomineer in twee kategorieë: Vodacombeker- en Curriebeker Eersteliga se speler van die jaar. Hierdie franchise vaar besonder goed met nie minder nie as vier nominasies vir 2013.

Die Superrugby speler van die jaar-toekenning sal gaan aan Willie le Roux (Cheetahs), Duane Vermeulen (Stormers) of Adriaan Strauss (Cheetahs).

“Ons het ‘n groot groep ingesluit in die stemproses. Die media, publiek, administrateurs en die provinsiale en franchise afrigters sal almal kan stem, “ het Jurie Roux van Saru gesê.

“Die afrigters speel ‘n belangrike rol in die sukses van die span en dis lekker om te sien hoe betrokke hulle in die stemproses is.

“Ek dink die genomineerdes weerspieël ‘n goeie balans van wat in 2013 in Suid-Afrikaanse rugby gebeur het..

“As ek na die stemme van die publiek kyk, is dit duidelik dat ons mense hul rugby ken.

“Ek wil graag elke genomineerde gelukwens en sterkte toewens met die toekennings.”

Die wenners word bekend gemaak op ‘n gala-geleentheid by Gold Reef City op 12 Februarie 2014.

Hier is die nominasies in al die kategorieë:

SARU Rugbyspeler van die jaar:

1.Jean de Villiers
2. Bismarck du Plessis
3. Eben Etzebeth
4. Willie le Roux
5. Duane Vermeulen

Absa jong speler van die jaar:

1. Pieter-Steph du Toit
2. Eben Etzebeth
3. Cheslin Kolbe
4. Siya Kolisi
5. Jan Serfontein

Absa span van die jaar:

1. Steval Pumas (Vodacombeker, Absa Curriebeker Eersteliga)
2. Haaie (Absa Curriebeker)
3. Springbokke

Absa afrigter van die jaar:

1. Heyneke Meyer (Springbokke)
2. Jimmy Stonehouse (Steval Pumas)
3. Brendan Venter (Haaie, Curriebeker)

SA o.20 speler van die jaar:

1. Jacques du Plessis

2. Cheslin Kolbe

3. Seabelo Senatla

SA Sewes speler van die jaar:

1. Cornal Hendricks
2. Frankie Horne
3. Seabelo Senatla

Vodacom Superrugby speler van die jaar:

1. Willie le Roux (Toyota Cheetahs)
2. Adriaan Strauss (Toyota Cheetahs)
3. Duane Vermeulen (DHL Stormers)

Vodacombeker speler van die jaar:

1. Marnitz Boshoff (MTN Goue Leeus)
2. Rosco Speckman (Steval Pumas)
3. Fred Zeilinga (Haaie)

Absa Curriebeker premierafdeling speler van die jaar:

1. Cheslin Kolbe (WP)

2. Scarra Ntubeni  (WP)

3.Fred Zeilinga (Haaie)

Absa Curriebeker Eersteliga speler van die jaar:

1. Alshaun Bock (SWD Arende)
2. Tiger Mangweni (OP Kings)
3. Rosco Speckman (Steval Pumas)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.