SA Rugby sê gou oor Superrugby se vier spanne

Die lang gewag en bespiegelinge is byna verby.

Suid-Afrika sal aanstaande maand weet watter vier spanne bly en watter twee uit die Superreeks is wat in 2018 ʼn nuwe struktuur en net 15 spanne sal hê.

SA Rugby het Woensdag aangekondig dat ʼn buitengewone algemene vergadering aanstaande maand gehou sal word om Suid-Afrika se vier deelnemers aan die nuwe Superreeks bekend te maak wat aanstaande jaar begin.

Die vergadering word op 7 Julie in Kaapstad gehou.

Die vergadering het die konstitusionele verantwoordelikheid om die konsessies vas te stel wat van aanstaande jaar af aan die Superreeks sal deelneem.

ʼn Voorstel van die uitvoerende bestuur sal op die algemene vergadering oorweeg word nadat die aanbevelings van die franchisekomitee deur die uitvoerende bestuur ontvang is.

Die franchisekomitee bestaan uit verteenwoordigers van die Superspanne.

Die voorstel sal ook deur die nie-franchisekomitee, bestaande uit die uitvoerende hoofde van die 14 provinsiale unies, bespreek word voordat dit na die buitengewone algemene vergadering gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.