SA rugby steeds in die modderpoel

SA Rugby logo cropDit begin mos al hoe meer lyk asof die onlangse tweedaagse beraad oor die toekoms van Suid-Afrikaanse rugby tydmors was.

Wat het verander sedert die beraad kort voor die Curriebeker-eindstryd aan die einde van  Oktober op Nuweland gehou is?

Die Bokke ploeter steeds voort en kon nog nie ʼn wedstryd op toer wen nie; daar is steeds geen beleid oor die kies van oorsese spelers in die Bokspan nie; watter planne is beraam om die uittog van spelers na die buiteland te probeer keer.

Die nasionale o.21-span is steeds afrigterloos; twee unies is reeds gelikwideer en die Westelike Provinsie volg binnekort; net twee unies, die Griffons en Valke, het die afgelope jaar ʼn klein wins getoon.

Isdaar enige opvolg oor die sentrale kontraktering van die land se voorste spelers? Wat gaan aan met die Wêreldbekerbod (veral oor die belaglike vereistes wat Fikile Mbalula op rugby geplaas het)?

En so kan ons aangaan.

Die olie op die vuur is die boodskap wat Mbalula Woensdag op Instagram geplaas het en waarin hy sy volle gewig agter die Bokafrigter, Allister Coetzee, gooi.

Volgens Mbalula  is geen span binne ʼn dag gebou nie en moet Coetzee kans gegun word, want die regte uitslae sal volg. Teen Italië?

Hy sê Coetzee moet sy besluite neem en daarby  hou, sy eie span kies, bou en vasbyt. En dan gee hy sommer ook sy  onvoorwaardelike steun aan Coetzee.

En wat dan van al sy vorige dreigemente? Wat van die tydelike verbod om toernooie in Suid-Afrika aan te bied?

♦  Coetzee het Saterdag ná die nederlaag teen Engeland gesê die koppe sal rol. En wat doen hy toe? Hy pos JP Pietersen en vervang hom met Bryan Habana vir Saterdag se kragmeting met Italië. Die twee ander skuiwe was posisioneel en noodgedwonge, omdat Eben Etzebeth harsingskudding opgedoen het.

Was dit nie die ideale kans om Jamba Ulengo in Pietersen se plek te kies of Rohan Janse van Rensburg in Damian de Allende se plek nie?

En wat van Johan Goosen op losskakel met die opdrag om so min as moontlik te skop en om Piet van Zyl in Rudy Paige se plek in te span? Of om Beast Mtawarira se opvolger kans te gee en Malcolm Marx as haker te kies en sommer nou al die nuwe Bok-kaptein te laat voorhardloop nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Callie van der Merwe ·

Goeie vrae! Ongelukkig pas dit nie in by die politiek gedrewe sirkus wat SARU probeer bestuur nie!

LOSKOP ·

Pieter , jy kan tereg al die vrae vra , die minister sal natuurlik vir A C ondersteun , onthou asb A C is n regstellende aanstelling en kan maar voort ploeter en die Blesbokke se naam verder in die afgrond in neem. Met A C daar sal ons nie eers die uitspeel rondes in die wereldbeker haal nie.
A C het nie n idee wie sy beste spelers is nie en sal aanhou om die Stormers spelers voorkeur te gee bo beter spelers . Habana is n has been , kyk maar net na sy spel vir sy Franse klub , hy is stadig , kan nie verdedig nie en kyk vir himself die heeltyd op die groot skerm.Goosen behoort losskakel te wees V Zyl die skrumskakel en die senter paar Mapoe en V Rensburg met Ulango in Habana se plek met Lambie op heelagter.En vergeet van die buitelandse spelers hul lojialiteit is nie by die Blesbokke nie maar in die geld wat hul oorsee maak.

Andries ·

Stem saam dat jong spelers moes kans kry en n nuwe kaptein.Strauss het nog nooit werklik indruk as kaptein gemaak nie.Gaan ons nou goed voel as ons die een wen?

Kobus Steyn ·

n wen more sal geen verskil maak nie RUGBY het reeds ROMMELSTATUS beryk en sal lank vat om te herstel.

Parrie ·

Die afrigter en sy span helpers is gekies. Niks en niemand gaan dit verander nie en die eerbare weg van om self te loop bestaan nie by hulle nie. Ons sal maar moet leer om aan middelmatigheid gewoond te raak en ons verstand verloor as daar so af en toe n wenpoging deursluip op die pad van middelmatigheid. Maak die bokke Proteas sodat ons darem met verlange kan terugkyk op wat ons eens geken het as Springbok rugby.

Louis ·

Ek stem saam. Solank as wat die afrigtetspan dieselfde bly, sal ons nie beter rugby speel nie. Die bokke sal nog teen die swakker lande wen want daar is goeie spelers, maar hierdie afrigterspan het net nie die vermoë om die spelers as n span te laat speel nie.

Ben ·

Dit is tragies om te sien hoe daar gesukkel word deur die Springbok-afrigter en dan nog uit te basuin dat daar niks fout is met die wedstryd plan is nie. Hy het nie die insig, die wil en die kennis om die Springbokke deur die drif te trek nie. Dan is daar nog die passasiers ook wat maar net saam ry, die hulpafrigters en so aan!!! Wat hulle weet van afrigting is pateties want hulle kon nog nie iets uitrig nie.
Om nou te wil dink dat die westryd teen Italie ‘n maatstaf is om die span se vordering te meet bevestig die afrigters se onvermoë.
Onbeantwoorde vrae soos waar is die jonges en wat van die spelers wat nog nie ‘n wedstryd gespeel het nie?

Arie ·

Ja rugby is dood maar wat ek nie verstaan nie, is daar geen leiers in ons rugby oor nie? Sarfu en al die unies wil net vir mabula gelukkig maak maak nie saak wat se twak hy kwytraak nie. WP une is die begin die ander volg vinnig want niemand gaan kyk meer rugby nie

Waghond ·

Stem basies saam:
My span sou wees Le Roux, Jamba, Mapoe, Van Rensburg Combrink Goosen Van Zyl Nkanya Strauss/Marx Kitshoff Du Toit De Jager Oupa Alberts Whiteley

Johan ·

Hoekom het hulle vir Franco Smith en JP saamgeneem?Hulle spelstyl het glad nie gewys in die wedstryd teen die Engelse nie.Gaan ons dit more sien teen Italie?Ek hoop so want anders het hulle hierdie twee se tyd gemors.

leon ·

Verander die unies in klubs soos in Europa en laat dit deur aandeelhouer of persone soos Rupurt of wiese besit word vergeet dan van Saru en Fikili

Jan ·

Baie intresant dat adjunk min. van sport so stil is. Wonder waar lê sy logika

Marius van Niekerk ·

‘n Swakker afrigter sal ons beswaarlikkan uitskop. Almal, maar almal, sien wat is fout, behalwe ons afrigter. Word net wakker, asb

Thyskotze ·

Ek vat 3 biere saam na my vriende na die geploeter drink ons die sorrow af en ek gaan huistoe heeltemaal mismoedig vir hele week in my 85 jaar het ek dit nog nie gesien ek dink hulle speel vir die juñc staat wat ons is

Janneman ·

Ek dink ons almal mis die punt. Na jare van kwotas op skoolvlak het ons regte sprinbokke die land verlaat. Dit syfer nou deur na die nasionale span. Dit was reeds duidelik in die werelbeker met n uitstekende afrigter soos Meyer, wat se kans staan n liggewig soos Coetzee?
Ons sit nou met n gedeeltelike gedekolineerde span. Sodra mbalulu se proses voltooi is kan ons meding vir die afrika beker om korrupsie in afrika te bevorder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.