SA rugbybase hoop op ‘n wonderwerker

Super18-trofeeSoms wonder ek mos of van die Suid-Afrikaanse rugbybase aan die paashaas glo.

Ek besef die grootste deel van hul aandag is by die Bokke se vordering in die Wêreldbekertoernooi en die bietjie wat oor is, word tussen die Curriebeker- en junior-reekse verdeel.

Ons jil oor Bryan Habana, Fourie du Preez, Schalk Burger en Lood de Jager, maar is ons huis tuis aan die kant?

Ek tokkel op dieselfde snaar, maar aan die einde van Februarie begin die nuwe uitgebreide Superrreeks, waaraan ʼn Argentynse en Japanse span – en die OP-Kings – sal deelneem.

Dalk vestig die SA rugbybase hul hoop op ʼn wonderwerker, soos Eddie Jones.

Slegs ʼn paar weke gelede was die nuwe Japanse span se deelname aan die Superreeks in die gedrang: net vyf of ses spelers het hulle tot die span verbind, Jones het nie meer kans gesien om die span af te rig nie en die span het nie eens ʼn naam gehad nie.

Maar ná Japan se die skokoorwinning oor die Bokke, gevolg deur ʼn tweede oorwinning oor die VSA, het die Japanse bloeisels geil geblom. Miljoene Japanners het ewe skielik uit hulle doppe gekruip en staan nou bankvas agter die span. Die Superspan is as’t ware ook hieruit gebore en het Maandag sy naam gekry: die Sunwolves.

Baie spelers staan glo nou tou om vir die span te speel en Sanzar kon Maandag aankondig dat die Sunwolves hul buiging in die Superreeks sal maak. En die Argentynse span is glo reeds besig om hom in te grawe.

En aan die tuisfront.?

Die OP bly in ʼn finansiële moeras en baie van die spelers en afrigters is wéér nie aan die einde van September betaal nie. Die span wat verlede Vrydag teen die Blou Bulle of Loftus gespeel het (net dié 22 is gli betaal)  het wit armbande gedra, uit solidariteit vir hul spanmaats in die Baai wat steeds met bakhande voor die ATM staan en na “onvoldoende fondse” op hul strokies staar.

En hul vertoningslys: Vyf uit 16 wedstryde gewen in vanjaar se Curriebeker- en Vodacomreekse. Altesame 451 punte afgestaan en 62 drieë deurgelaat, amper vier per wedstryd.

Die spelers kan nie verkwalik word nie, die beamptes wel. Vrydag sluit die OP sy bepalings teen die WP af … dus kan ʼn wonderwerker nie meer na vore tree nie.

Die SA Rugbyspelersvereniging dreig, maar die OP-rugbybase systap na links en regs. En Saru se kommentaar? “Ons is in regstreekse verbinding met die OP, wat glo dat hulle die nodige stappe kan doen om die krisis op te los”.

As dinge so aangaan, sal ʼn span wat in Singapoer – van alle plekke – saamgetrek is, die Kings vervang.

Dalk is dit die beste keuse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

cheeky watson se groot borg was seker die anc, maar hul kan nie meer help nie want al hul geld is gebruik by nkandla

Said Boss ·

Wonder net: Word die administrateurs van die OP betaal, en die klerke en die teemakers en al die se families wat ook sulke halfdag werkies da virrig vir top salarisse? Ai wonder hoe werk dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.