SA rugbybase tussen twee vure

Mark Alexande – dalk nog twee spanne in die Pro14 (Foto: Facebook/Saru)

Die rugbybase beskou dit as ʼn reddingsboei vir Suid-Afrikaanse rugby, maar die planne om nóg twee Suid-Afrikaanse spanne van 2019/’20 af in ʼn vergrote Pro14-reeks te laat speel, kan verreikende gevolge vir Springbokrugby inhou.

Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het Donderdag in Randburg by die bekendstelling van 2018/’19 se Pro14-reeks dit (weer) bevestig dat daar onderhandel word om nog twee Suid-Afrikaanse spanne, benewens die Cheetahs en Southern Kings, by die reeks te voeg.

Dit kan die Pumas en Griekwas kan wees, maar daar word bespiegel dat die Westelike Provinsie en Blou Bulle ook in die ry staan. Daar was voorheen ook bespiegelinge dat die Sharks voelers uitgesteek het.

Dit sal beteken dat vier SA spanne in die Superrugbyreeks sal speel (Lions, Sharks, Bulls en Stormers) en vier ander SA spanne (Cheetahs, Southern Kings en nog twee) in die Pro14-reeks.

Saru kan nie anders nie as om weer deel van ʼn nuwe Superreeks te wees wat in November aangekondig word. Die unie kan in dié stadium vanweë sy benarde finansiële posisie dit nie bekostig om kop uit te trek nie. Al word daar hoe ook al gebrom en gegrom, jy gaan mos nie die gans skiet wat die goue eiers lê nie?

Wat baie interessant gaan wees, is hoe Sanzaar, wat bepaal dat jy te alle tye jou beste spelers moet kies, dit sal verorber as Suid-Afrikaanse rugby in twee verdeel word.

Die groot probleem is dat die Superreeks tussen Februarie en Augustus beslis word en die Pro14-reeks tussen Augustus en Mei.

Dit was reeds verlede seisoen baie duidelik: Jy kan nie jou aandag tussen twee reekse op dieselfde tyd verdeel nie. Kyk maar wat het met die Cheetahs (Pro14) en die Vrystaatse Cheetahs (Curriebeker-reeks) gebeur.

Wat van die Springbokspan?

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het maande gelede al bespiegel dat daar in die toekoms twee Springbokspanne kan wees, een vir die spelers wat in die Noordelike Halfrond (Pro14-reeks en oorsese klubs) speel en die ander wat in die Suidelike Halfrond (Superreeks en Rugbykampioenskap) speel.

Kan daar werklik twee mededingende Springbokspanne gekies word, veral as die huidige Bokke maar sewende op die wêreldranglys is?

Aan die ander kant, hoe anders gaan jy oorleef?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Callie ·

Kwotas wat verloorspanne gekweek het en wat weer direk verantwoordelik was vir baie swak toeskouer getalle was die begin van die einde van rugby in SA. Die pro 14 wat bykom is van die laaste spykers in die doodskis. Asb hou tog net op om die fout oral te soek. Politiek met die afdwing van kwotas. Probleem geidentifiseer, punt. Kan dit weer reggemaak word. Glo nie. Die kamtige kenners weier om te erken waar is die probleem, so, hoe sal hulle ooit kan regmaak wat verkeerd is. Dit is n baie, baie ou siek landjie die van ons

Johan ·

Maak heke top bestuur swart . En al die spelers . Kwota toeskouers . 20% wit 80% swart. Dan is alle probleme opgelos

LHS ·

Nie eers swart kwota toeskouers sal na verloor rugby gaan kyk nie, al word hulle mahala met busse aangery. Nee wat n bankrot sakeonderneming probeer gewoonlik nog n front voorhou, die belaglike voorstelle getuig daarvan. Verseker weet niemand van die hogere bestuurslede daar is iets soos lewensvatbaarheid en kosteberekeninge nie. Net een opsie, vervang die hele bestuur met kundiges wat iets weet van sport en hoe dit as besigheid bedryf moet word. Verder sal die rugbyspelers en toeskouers, veral toeskouers, aan die bestuur n mandaat verleen om wanneer die politici wil inmeng hulle mooi saggies iewers heen te stuur. Die regering doen niks vir rugby, ook nie finansieel nie, waarom hulle toelaat om in te meng.

Paul ·

Maar als wat na geld ruik moes mos infiltreer word, herstruktureer, wat ook al, en oorstroom word, in klein stukkies opgekap om die termiete te voed. Dit is soos wat met die natuur gedoen word, daar word nie bewaar nie, dit word nie bestuur en na omgesien om vir die nageslag bewaar te bly nie, nee dit word met warm asems verorber, NOU!

Paul ·

Toks en Tjops het my Suid Afrikaner-hart warm laat klop, maar toe ek die TV na die program afsit, het die realiteit my getref en is die vuur en opgewondenheid saam daarmee gedoof.

Tata.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.