SA se rekord in Australasië kry verder slae

Vyf uit vyf. Dit is hoe die rekord van Suid-Afrikaanse spanne nou ná vanjaar se wedstryde in Australasië.

Die Sharks het hulle wedstryd Saterdagoggend met 17-24 teen die middelmatige Brumbies verloor nadat die tuisspan binne 19 minute reeds met 10-0 voor was. Die Brumbies was nooit in  die wedstryd agter nie.

Dit was ʼn swak wedstryd, met die een fout op die ander en die Sharks moontlik die grootste oortreders.

,Albei spanne het twee drieë gedruk, maar die gebiedsoorheersing van die Brumbies, veral in die eerste helfte, het uiteindelik getel. Dit moet ook nie uit die oog verloor word dat ewe van die Sharks se punte in die laaste twee minute gekom het nie.

Hulle was na 19 minute reeds 10-0 voor. Hulle het ondermeer uiteindelik verder as die Sharks met die bal gehardloop, meer verdedigers geklop maar dit nie uitgebuit nie, en in  al die ander fasette beter as die Brumbies gevaar.

Maar kyk na die telkaart?

Puntemakers –

Brumbies (10) 24: Drieë: Lausii Taliauli, Henry Speight. Doelskop: Wharenui Hawera. Strafdoele: Hawera (4).
Sharks: (3) 17: Drieë: Thomas du Toit, Curwin Bosch. Doelskoppe: Robert du Preez (2). Strafdoel: Du Preez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Die Wedstryd het gewys dat Curwin Bosch nie ‘n heelagter is nie en gaan sukkel om groot sterk vleuels te keer.Eerder op losskakel en dan mi van die bank af.
So van sukkel gepraat die grootste sukkel was in Johannesburg waar die Lions behoorlik gesweet het om die Sunwolves te klop.Die wedstryd het mi weereens gewys dat jy nie spelers uit posisie moet speel nie.

jakes ·

Die Sharks kan maar net nie ophou om Suidafrikaasnse rugby verder te verneder nie. Die swak gehalte van afrigting deur Robert du Preez en sy hulpafrigters word week na week beklemtoon en die resultate is n bewys daarvan. Rob du Preez wat nou losskakel vir die Sharks speel se spelpeil het met rasseskrede agteruit gegaan sedert hy duer sy pa afgerig word. Wat Terra Mtembu en ten minste 9 ander spelers in die span soek sal seker altyd n geheim bly. My ouma in die ouetehuis sal Thomas du Toit in die grond in skrum en n grad 4 spannetjie het beter bal vasrdighede as die hele Sharks span saam. Wanneer n afrigter en sy spelers se egos 10 keer groter is as tafelberg dan kry jy elke week dieselfde uitslae van wedstryde. ek skaam my dood as ek n Sharks ondersteuner moes wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.