SA se Sale Sharks staan steeds

Faf de Klerk. Argieffoto.

Vir die tweede agtereenvolgende week het die agt Suid-Afrikaanse spelers in die Sale Sharks se beginspan besluit om nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

Die span se Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut) het nie verlede week die knie voor hul wedstryd teen Harlequins gebuig nie.

Hulle het ook gisteraand teen die Exeter Chiefs staande gebly. Net soos verlede week het hulle ook weer die wit T-hemde met die “Rugby against Racism”-slagspreuk daarop gedra.

Die Engelse senter, Manu Tuilagi, het egter hierdie keer die knie gebuig.

Ross het ’n week of wat gelede gesê dat nie een van die spelers in sy span – of dan in die hele kompetisie – rassisties is nie.

“Ons sal Vrydagaand [gedurende die wedstryd teen Harlequins] as span op ’n verenigde front wys dat ons teen rassisme gekant is,” het hy toe gesê.

Nathi Mthethwa, Suid-Afrika se minister van sport, kuns en kultuur, was egter ontevrede met wat hy in Engeland gesien het en hy het ’n verduideliking van SA Rugby geëis.

“Ons het gesien dat hulle T-hemde ter ondersteuning van BLM gedra het, maar hulle het nie die knie gebuig nie. Toe ek dit gesien het, het ek vir Saru se president gevra om te verduidelik wat gebeur het sodat ons op dieselfde golflengte is,” het Mthethwa gesê.

Steve Diamond, Sale Sharks se direkteur van rugby, het weer eens sy spelers verdedig wat besluit het om nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

“Dit sal ’n storm in ’n glas water wees. Ons het almal die Rugby Against Racism-hemde gedra wat ons as belangrik beskou het. As ek eerlik moet wees, dink ek nie dat die hele aangeleentheid iets is waaroor jy jou hoef te bekommer nie.”

Toe hy meer onlangs oor die kwessie gepols is, het hy gesê dat politici uit sport moet bly.

“Sport het reeds reg oor die wêreld sy toewyding aan die Black Lives Matter-beweging gewys, hetsy deur ’n T-hemp te dra of om die knie te buig.

“Om die knie te buig is elke indiwidu se persoonlike keuse. Ek dink nie politici moet betrokke raak nie, want hulle maak net droog as hulle dit wel doen.”

Renaldo Bothma, wat vir Harlequins gespeel het, het op Twitter gesê dat die Suid-Afrikaners nie rassiste is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Renaldo Bothma, jy is reg. Ons is nie, die SA Regering is wel. Vandaar die nuwe normaal met die ekonomie. Mense wat die land opgebou het word geteiken en vernietig. Dieselfde mense het in uiters moeilike omstandighede hul werknemers aan die lewe probeer hou gedurende die Inperktyd. Sien, vir ons is dit ALL LIVES MATTER. Dit is so jammer dat alles so moet uitwerk. Ek is jammer vir ons goeie spelers in SA Sport. Julle moet egter verstaan dat mens se geduld net so vêr beproef kan word. Sterkte vir julle vorentoe.

Susan ·

Alle lewens maak saak, hoekom moet n knieg buig vir ander mense.

Hercules ·

ek glo in die Bybel, is ‘n wedergebore, kruisdraende Christen, ‘n volgeling van Abba Vader, sy seun Jesus Christus, die Heilige Gees en buig my knie net voor Jesus my verlosser en geen ander afgod nie en
daarom is ek vreesloos!

Adam Adriaan ·

Hierdie ou missniter moet met sy karretjies gaan speel.

Corne123 ·

Hoekom staan steeds dit is hulle reg om te staan en nie knie te buig nie die opskrif maak my sommer warm onder die kraag so asof julle wil he hulle moet kniel

Fritz ·

Ek salueer julle manne ‘n tweede keer! Buig net jou knie voor jou Skepper!

Chris ·

Hierdie blm is n klomp twak en die mense wat dit aanbid en iets daarvan wil maak het geen brein selle wat reg werk nie. Wat van die boere wat kos voorsien en vermoor word tel hulle lewens nou niks meer nie wanneer staan die lee koppe op om iets daaraan te doen en dan se die regering ons moet saamstaan die “reenboognasie”. Wat n klomp twak!!!!!!

twaalfboor ·

Mthethwae…….. SA Rugby het GEEN sê in Sale Sharks nie. Jy vra verniet ou kwagga. Ek lag lekker vir jou. Gaan nog nog ñ aar inni kop bars. “You go boys, keep standing angainst marcism”

JohanR ·

Moet jy nou elke keer as jy op ‘n sport veld stap die knieg buig? Soe is die eindstryd van die 2043 Rugby Wereld Beker, sal al die spelers nou moet kniel voor of na die volkslied van SA en Engeland vir BLM. Word naderhand maar bietjie belaglik! Goed word meer en meer op ons afgedwing deur ‘n goverment. In Engels se mens RESIST, RESIST and RESIST AGAIN, and then RESIST some more!

Jr ·

Julle kan bly wees want soos ek oor hierdie SA voel en sy MINI STAR’s sal ek nie eers n t hemp dra nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.