SA se Superspanne: Cheetahs verander laat vir swanesang

Die Cheetahs moes ʼn laat sesde verandering aanbring aan die span vir hulle laaste Superwedstryd toe die haker Elandré Huggett weens ʼn enkelbesering onttrek het.

Hy word deur Joseph Dweba vervang vir Vrydagaand se wedstryd teen die Southern Kings, wat albei spanne se laaste wedstryd in Superrugby sal wees.

Reinach Venter is nou op die bank en sal sy buiging in Superrugby maak as hy sou speel.

Southern Kings vs Cheetahs: Nelson Mandelabaai-stadion, Vrydagaand 19:00

Spanne –

Southern Kings: Malcolm Jaer, Wandile Mjekevu, Berton Klaasen. Luzuko Vulindlu, Makazole Mapimpi, Lionel Cronjé (kapt.), Louis Schreuder, Andisa Ntsila, Tyler Paul, Chris Cloete, Wilhelm van der Sluys, Giant Mtyanda, Ross Geldenhuys, Michael Willemse, Mzamo Majola. Bank: Martin Bezuidenhout, Schalk Ferreira, Dayan van der Westhuizen, Irné Herbst/Mzwanele Zito, Thembelani Bholi, Poerie van Rooyen, Masixole Banda, Waylon Murray/Yaw Penxe.

Ox Nché – soos al sy spanmaats en teenstanders sy laaste wedstryd vir die Cheetahs in Superrugby. (Foto: GB Jordaan)

Cheetahs: Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Francois Venter (kapt.), Clinton Swart, Raymond Rhule, Fred Zeilinga, Tian Meyer, Niell Jordaan, Oupa Mohoje, Uzair Cassiem, Reniel Hugo, Carl Wegner, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Ox Nche. Bank:  Reinach Venter, Charles Marais, Tom Botha, Armandt Koster, Junior Pokomela, Chris Dry, Ruan van Rensburg, Niel Marais.

Sharks vs Lions: Kingspark, Saterdag 17:15

Die Sharks het Lwazi Mvovo op heelagter in die plek van Curwin Bosch gekies vir die wedstryd teen die Lions waar die tuisspan niks behalwe eer sal hê om voor te speel na die Highlanders se oorwinning Vrydagoggend teen die Reds nie.

Op 51 ligapunte kan die Sharks (49) hulle nie in hierdie laaste wedstryd meer verbysteek om sewende in  die reeks te eindig nie.

Natuurlik is Saterdag se wedstryd in Durban ook vir die Sharks ʼn kleedrepetisie vir aanstaande naweek se kwarteind, wat teen die Crusaders òf (wéér!) die Lions sal wees.

Die Sharks het ook vir Garth April as losskakel behou – en skielik is Bosch na sy so-so vertoning vir die Junior Springbokke se liggie effe verdoof.

Kobus van Wyk is terug op vleuel en Lukhanyo Am, wat aan die Bokgroep moes onttrek, is weer terug op senter.

Voorlangs keer die Springbok-losvoorspeler Jean-Luc du Preez terug na Lukhanyo Am se week ruskans en speel Chiliboy Ralepelle in die plek van die beseerde Franco Marais.

Die Lions se beginspan is onveranderd van die een wat twee weke gelede in hulle laaste wedstryd met 94-7 teen die Sunwolves gewen het. Op die bank is die terugkeer van Rohan Janse van Rensburg noemenswaardig.

Die spanne –

Sharks: Lwazi Mvovo, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Sbu Nkosi, Garth April, Cobus Reinach, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt (kapt.), Stephan Lewies, Etienne Oosthuizen, Coenie Oosthuizen, Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit. Bank: Stephan Coetzee, Juan Schoeman, Lourens Adriaanse, Jean Drosté, Tera Mtembu, Michael Claassens, Curwin Bosch, Jeremy Ward.

Rohan Janse van Rensburg – op die bank na sy ernstige besering. (Foto GB Jordaan)

Lions: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Ruan Ackermann, Kwagga Smith, Jaco Kriel (kapt), Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Akker van der Merwe, Corné Fourie, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Cyle Brink, Faf de Klerk, Rohan Janse van Rensburg, Sylvian Mahuza.

Bulls vs Stormers: Loftus, Saterdag 15:05

Op Loftus het die Bulls weer die beseerde Springbokke Trevor Nyakane en Piet van Zyl, albei op die bank, terug in hulle groep. Daar is ʼn verandering op loskop waar Lizo Gqoboka wat met ʼn ligte besering sukkel, deur Pierre Schoeman vervang word en op flank waar Shaun Adendorff sy opdraf-buiging vir die Bulls maak nadat hy daar weg is en eers draaie by die Blitsbokke en die Boland Kavaliers gaan gooi het.

Spanne –

Bulls: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Duncan Matthews, Tian Schoeman, Rudy Paige, Nic de Jager, Jannes Kirsten, Shaun Adendorff, RG Snyman, Jason Jenkins, Conraad van Vuuren, Adriaan Strauss (kapt), Pierre Schoeman. Bank: Jaco Visagie, Trevor Nyakane, John-Roy Jenkinson, Ruben van Heerden, Piet van Zyl, Tony Jantjies, Burger Odendaal.
Stormers:
Dillyn Leyds, Cheslin Kolbe, EW Viljoen, Damian de Allende, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Jano Vermaak, Nizaam Carr, Rynhardt Elstadt, Siya Kolisi (kapt.), Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg. Bank: Ramone Samuels, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Chris van Zyl, Sikhumbuzo Notshe, Justin Phillips, Juan de Jongh, Dan Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.