SA se vroue-sewesspan deur Kiwi’s afgeransel

Die Imbokodo in aksie teen die Kiwi’s. Foto: @WomenBoks/Twitter

Die Suid-Afrikaanse vroue-sewesrugbyspan het Vrydagmiddag ʼn loesing van Nieu-Seeland ontvang in die Kaapstad-stadion.

Die Imbokodo het met 40-0 teen verlede seisoen se Wêreldreeks-kampioen verloor op die eerste dag van die Kaapstad-sewestoernooi.

Die Kiwi’s het teen rustyd met 21-0 voorgeloop. Imbokodo sal Saterdag teen Rusland en Fidji te staan kom.

Ander uitslae van die vrouespanne:

Australië het Engeland met 32-0 geklop terwyl die VSA met 38-0 vir Ierland laat les opsê het. Frankryk het Spanje met 36-12 geklop terwyl Kanada vir Brasilië met 32-0 afgeransel het.

Fidji het Rusland met 38-19 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dubbelloop ·

Sou graag wou weet wie rig die vroue af en hoe lyk hulle span? Dan is ek eerlik as ek sê, by die vroue is daar nie sulke vlugvoetige swartes soos by die mans nie. Kombineer hierdie punte en jy kry n verloor span.

Justin ·

Jy bedoel seker daars nie vinnig vrouens soos by die mans????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.