SA spanne: Lions, dalk ook Sharks, se uitdagings die grootste

superrugby-logo-regteDie Suid-Afrikaanse spanne se Superwedstryde die naweek  is ’n mengsel van waarskynlike oorwinnings en ’n span of twee wat dalk sal moet uithaal om die wenpunte te kry.

Kan Stormers hul meet teen Kings?

Hoeveel teenstand die Stormers Saterdagmiddag van die Kings in die twee spanne se Superwedstryd op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth kan verwag is ’n geldige vraag.

Die Stormers is na twee oorwinnings in vanjaar se toernooi vol selfvertroue, al moes hulle verlede week spartel om die Jaguares te klop. En laat ons eerlik wees, in daardie eerste 30 minute verlede week het hulle lekker rugby gespeel.

Die vraag is of hulle vir 80 minute sulke rugby kan speel? En is die Kings die regte maatstaf om die gehalte van jou span teen te meet?

Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, het hierdie week die kapteinskap aan die slot Eben Etzebeth toevertrou, met die gereelde kaptein Siya Kolisi wat ’n ruskans kry en die aanwins van die Bulls, die vleuel, Bjorn Basson, wat sy Stormersbuiging maak.

Die stutte Frans Malherbe en Oli Kebble is die eerste keer vir die Stormers in die opdrafvyftiental, met die twee brekers, JC Janse van Rensburg en Wilco Louw, wat as deel van Fleck se rotasiebeleid, van die bank af begin.

Hoewel algemeen verwag word dat die Stormers die kragmeting maklik sal wen, kan die Kings dalk net vir die besoekers hier en daar ’n paar benoude oomblikke gee.

Spanne –

Kings: 15. Masixole Banda, 14. Makazole Mapimpi, 13. Waylon Murray, 12. Luzuko Vulindlu, 11. Malcolm Jaer, 10. Lionel Cronje, 9. Rick Schroeder, 8. Riaan Lerm, 7. Themelani Bholi, 6. Chris Cloete, 5. Irne Herbst, 4. Tyler Paul, 3. Ross Geldenhuys, 2. Michael Willemse, 1. Schalk Ferreira (kapt.). Bank: 16. Kurt Haupt, 17. Schalk van der Merwe, 18. Chris Heiberg, 19. Willem van der Sluys, 20. Andisa Ntsila, 21. Johan Steyn, 22. Pieter-Steyn de Wet, 23. Berton Klaasen.
Stormers: 15. SP Marais, 14. Dillyn Leyds, 13. EW Viljoen, 12. Dan du Plessis, 11. Bjorn Basson, 10. Robert du Preez, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Sikhumbuzo Notshe, 6. Rynhardt Elstadt, 5. Pieter-Steph du Toit, 4. Eben Etzebeth (kapt.), 3. Frans Malherbe, 2. Bongi Mbonambi, 1. Oli Kebble. Bank: 16. Ramone Samuels, 17. JC Janse van Rensburg, 18. Wilco Louw, 19. Chris Van Zyl, 20. Jaco Coetzee, 21. Justin Phillips, 22. Kurt Coleman, 23. Damian Willemse.

Afskop: 15:15

Momentum vir Cheetahs belangrik

Die Cheetahs sal op hulle skitterende vertoning verlede week teen die Bulls wil voortbou wanneer hulle gasheer speel vir die Sunwolves Saterdagmiddag in Bloemfontein.

Selfs met verskeie spelers van verlede week se wenspan wat beseer is, soos Reniel Hugo, Ox Nché en Nico Lee, het die Cheetahs se afrigter, Franco Smith steeds ’n gedugte span aangewys.

Vir die Bloemfonteiners sal dit belangrik wees om op die momentum van verlede week se oorwinning voort te bou.

Die Sunwolves het verlede week amper ’n 100-tal teen die Hurricanes afgestaan en sal hoop om teen die Cheetahs beter rekenskap van hulself te gee. Vir die tuisspan behoort dit weinig meer as ʼn oefenlopie te wees.

Spanne –

Cheetahs:15. Clayton Blommetjies, 14. Zee Mkhabela, 13. Rayno Benjamin, 12. Clinton Swart, 11. Raymond Rhule, 10. Fred Zeilinga, 9. Tian Meyer, 8. Niell Jordaan, 7. Oupa Mohoje, 6. Paul Schoeman, 5. Francois Uys, 4. Justin Basson, 3. Johan Coetzee, 2. Torsten van Jaarsveld (kapt.), 1. Charles Marais. Bank: 16. Danie Mienie, 17. Elandre Huggett, 18. Tom Botha, 19. Armandt Koster, 20. Henco Venter, 21. Niel Marais, 22. Ali Mgijima, 23. Ruan van Rensburg.
Sunwolves: 15. Shota Emi, 14. Takaaki Nakazuru, 13. William Tupou, 12. Derek Carpenter, 11. Kenki Fukuoka, 10. Hayden Cripps, 9. Keisuke Uchida, 8. Willie Britz, 7. Shumei Matsuhashi, 6. Ed Quirk (kapt.), 5. Uwe Hela, 4. Liaki Moli, 3. Yasuo Yamaji, 2. Yusuke Niwai, 1. Koki Yamamoto. Bank: 16. Atsushi Sakate, 17. Masataka Mikami, 18. Takuma Asahara, 19. Sam Wykes, 20. Shokei Kin, 21. Kaito Shigeno, 22. Jumpei Ogura, 23. Jamie-Jerry Taulagi.

Afskop: 17:15

Sharks sal met selfvertroue speel

Die Sharks sal hulle lippe aflek om hul eerste Superwedstryd van die seisoen op hulle tuisveld te speel wanneer hulle Saterdagaand teen die Waratahs te staan kom.

Ondanks van die Durbaniete se neerlaag in hul eerste wedstryd teen die Reds, het hulle tot dusver met tye indrukwekkend vertoon. Op hulle tuisveld kan hulle onstuitbaar wees.

Die Waratahs het verlede week teen die Lions lelik streepsuiker op Ellispark gekry en hoewel hulle self ’n paar keer die doellyn oorgesteek het, lyk dié span nie regtig na ʼn eenheid wat die Sharks slapelose nagte sal besorg nie.

Robert du Preez, afrigter van die Sharks, het sy span onveranderd gelaat, iets wat sy spelers met meer selfvertroue kan laat speel omdat hulle die vertroue wat hy in hulle gestel het, sal wil regverdig.

Dit kan die Waratahs aan die ontvangkant van iets onaangenaams laat.

Spanne –

Sharks: 15. Clement Poitrenaud, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. Andre Esterhuizen, 11. Lwazi Mvovo, 10. Pat Lambie (kapt.), 9. Cobus Reinach, 8. Tera Mtembu, 7. Jean-Luc du Preez, 6. Philip van der Walt, 5. Ruan Botha, 4. Stephan Lewies, 3. Coenie Oosthuizen, 2. Franco Marais, 1. Tendai Mtawarira. Bank: 16. Chiliboy Ralepelle, 17. Thomas du Toit, 18. Lourens Adriaanse, 19. Jean Droste, 20. Jacques Vermeulen, 21. Michael Claassens, 22. Jeremy Ward, 23. Curwin Bosch.
Waratahs: 15. Andrew Kellaway, 14. Reece Robinson, 13. Israel Folau, 12. Irae Simone, 11. Rob Horne, 10. Bryce Hegarty, 9. Nick Phipps, 8. Michael Wells, 7. Michael Hooper (kapt.), 6. Jack Dempsey, 5. David McDuling, 4. Dean Mumm, 3. Sekope Kepu, 2. Tolu Latu, 1. Tom Robertson. Bank: 16. Hugh Roach, 17. Paddy Ryan, 18. David Lolohea, 19. Senio Toleafoa, 20. Maclean Jones, 21. Matt Lucas, 22. David Horwitz, 23. Cameron Clark.

Afskop: 19:30

Argentyne durf nie onderskat word

Argentinië is altyd gedug op hulle tuisveld. Die Jaguares, feitlik die Argentynse toetsspan, sien ongetwyfeld uit om Saterdagaand (SA tyd) met die Lions kragte te meet.

Die Jaguares het immers verlede jaar die einste Lions geklop, nadat die Johannesburgers verskeie topspelers nie laat speel het nie. Saterdag gaan die Lions weer sonder verskeie van hulle sterre opdraf.

Dat die Jaguares verlede naweek in Kaapstad naby daaraan gekom het om die Stormers te klop en selfs ’n drie gaan druk het in die tyd wat hulle met slegs 13 man op die veld was, sal hulle honger gemaak het vir ’n oorwinning.

Maar Johan Ackermann, afrigter van die Lions, is ’n uitgeslape afrigter en sou beslis iets uit verlede jaar se neerlaag wys geword het. Wees verseker dat die Lions hulle nie soos ’n lam ter slagting sal laat lei nie.

Spanne –   

Jaguares:15. Joaquín Tuculet, 14. Ramiro Moyano, 13. Matías Orlando, 12. Jerónimo de la Fuente, 11. Santiago Cordero, 10. Nicolás Sánchez, 9. Gonzalo Bertranou, 8. Leonardo Senatore, 7. Tomás Lezana, 6. Pablo Matera, 5. Matías Alemanno, 4. Guido Petti, 3. Felipe Arregui, 2. Agustín Creevy (kapt.), 1. Santiago García Botta. Bank:16. Julián Montoya, 17. Lucas Noguera Paz, 18. Cristian Bartoloni, 19. Marcos Kremer, 20. Javier Ortega Desio, 21. Felipe Ezcurra, 22. Juan Martín Hernández, 23. Matías Moron
Lions: 15. Jaco van der Walt, 14. Courtnall Skosan, 13. Jacques Nel, 12. Harold Vorster, 11. Anthony Volmink, 10. Shaun Reynolds, 9. Ross Cronje, 8. Warren Whiteley (kapt.), 7. Cyle Brink, 6. Kwagga Smith, 5. Marvin Orie, 4. Andries Ferreira, 3. Johannes Jonker, 2. Robbie Coetzee, 1. Dylan Smith. Bank: 16. Malcolm Marx, 17. Jacques van Rooyen, 18. Ruan Dreyer, 19. Lourens Erasmus, 20. Jaco Kriel, 21. Faf de Klerk, 22. Andries Coetzee, 23. Sylvian Mahuza.

Afskop: 21:40 (SA tyd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.