SA spanne staal hulself vir nóg ’n Europese avontuur

Die Bulls se Stedman Gans en Canan Moodie op die aanval. (Foto: GB Jordaan)

Suid-Afrika se grootste rugbyspanne gaan vir eers ʼn blaaskans van die Verenigde Rugbykampioenskap neem om saam met die Cheetahs aan ʼn paar ander Europese rugbyavonture deel te neem.

Die Bulls en die Stormers is die naweek in Kampioenebeker-tweestryde teen Saracens en Leicester Tigers gewikkel, terwyl die Cheetahs, Sharks en Lions deel van die Europese Uitdaagbeker-aksie is.

Die Pretorianers, wat pas die Sharks met 44 – 10 in ʼn VRK-wedstryd afgeransel het – weet dat Saracens ʼn taai uitdaging sal wees.

Selfs op Loftus Versfeld.

“Omtrent die helfte van Engeland se rugbyspan speel vir Saracens. Ek weet dat die komende Kampioenebeker-wedstryde baie taai gaan wees,” het Jake White gesê.

Volgens die Bulls se direkteur van rugby sal hy – net soos teen die Sharks – ook hoëtemporugby teen die besoekende Engelse klub wil speel.

“Ons wil nie net heeltyd probeer om ander spanne met ons fisieke spel te oorrompel nie – ons wil ons voor- én agterspelers in ʼn wedstryd gebruik. Ek sal graag wil toesien dat die Bulls se verdediging en spel in die vaste fasette op standaard is, terwyl ons ook goeie aanvallende rugby speel.”

  • Die naweek se rugbyaksie:

Europese Uitdaagbeker:

Saterdag:

15:00: Zebre teen Cheetahs

17:00: Sharks teen Section Paloise

Sondag:

15:00: USA Perpignan teen Lions

Kampioenebeker:

Saterdag:

19:30: Bulls teen Saracens

Sondag:

17:15: Leicester Tigers teen Stormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.