SA speler vir hoë Engelse eer benoem

Ruan Ackermann – benoem. (Foto: Facebook)

ʼn Speler wat vir Suid-Afrika se naasbestes uitgedraf het, voor hy sy rugbyheil in Engeland gaan soek het, is vir ʼn hoë Engelse toekenning benoem.

Ruan Ackermann (22), die seun van die Springbok Johann Ackermann, is een van vyf spelers op die lys waaruit die toekenning vir die Premierliga se vonds van die jaar gedoen sal word.

Hy speel vir die klub Gloucester, wat deur sy pa afgerig word.

Ackermann jr., wat deur sommige as ʼn toekomstige Engelse toetsspeler beskou word, is glo een van die gunstelinge om die toekenning te wen.

Hy het reeds vier wedstryde vir die Barbarians gespeel – onder meer teen die Springbokke (2016) en die All Blacks (2017) – en het verlede jaar twee wedstryde vir Suid-Afrika A gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buffel ·

Beste SA spelers gaan speel oorsee terwyl bokke aansukkel 6 de op die wereld toetsranglys met ons kwota spannetjie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.