SA spelers skitter wéér in Spaanse liga

Juandré Kleynhans – twee drieë. (Foto: Verskaf)

Spelers uit Suid-Afrika het in ʼn tweede opeenvolgende ronde vir van die hoogtepunte in die Spaanse Liga van Eer gesorg.

Een het 19 van sy span se punte aangeteken, en nóg twee het ook elk twee drieë gedruk.

Andrew Norton, wat o. 21-rugby vir die Sharks gespeel het, het 19 van Cisneros se punte in sy nederlaag van 34-39 teen Independiente op die telbord geplaas.

Die heelagter het twee van die Swane se drieë gedruk, en met drie doelskoppe en ʼn strafdoel geslaag.

♦ In Burgos se naelskraapse sege van 29-27 oor El Salvador het Juandré Kleynhans (regtervleuel) en Gavin van den Berg (loskopstut) ook elk twee drieë gedruk.

Kleynhans het voorheen vir die Griffons se o. 21-span gespeel, en Van den Berg vir die Blou Bulle.

♦ Marco Mason, wat die Cheetahs in die Curriebeker-reeks verteenwoordig het, het met drie doelskoppe vir Santboiana teen Valladolid geslaag.

Laasgenoemde het met 34-21 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.