SA stut spog met Franse paspoort danksy president

Maks van Dyk glimlag breed met sy Franse paspoort. Foto: Twitter.

Wel, as die groot Romeinse generaal, Julius Caesar, op een van sy militêre veldtogte “gekom, gesien en oorwin” het, kan ’n Suid-Afrikaanse stut waarskynlik “ek het gevra, ek het gehoop en ek het gekry” sê.

Die voormalige SA o.20-stut, Maks van Dyk, het voor die Franse Top14-finaal tussen Toulouse en Clermont in Juniemaand die Franse president vierkant in die oë gekyk en hom om burgerskap gevra.

Frankryk se Emmanuel Macron – nogal ’n progressiewe leier met sy vrou wat 25 jaar sy senior is – het gesê Van Dyk moet solank die bal aan die rol sit.

Vroeër die week – en skaars vier maande later – is Van Dyk die trotse eienaar van ’n Franse paspoort en spog daarmee op sy Twitter-rekening.

In Suid-Afrika het hy onder meer vir die WP en die Haaie uitgedraf, vóór hy in 2016 na Frankryk verhuis het.

  • Van Dyk se gesprek met Macron:

Van Dyk: “Mag ek asseblief Franse burgerskap kry? Ek sal ’n trotse Franse burger wees.”

President Macron: “Nou goed, begin solank met die proses. Ons is bevoorreg om jou hier te hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

sweis ·

N les vir jong kinders as jy nie vra sal jy nooit weet nie.

Sputnik ·

Hoe beny ek darem nou dié man! Voorspoed en wees ‘n trotse burger, net soos ek steeds trots is op my Franse afkoms.

Rene ·

Net korreksie hy het vir die Cheetahs gespeel voor hy oorsee is.

Derick ·

Glo meer en meer wit jong spelers sal oorsee gaan speel.
Beter toekoms daar
Beter ekonomie
Geen kwotas
Geen ANC regering

Koos ·

Dis darem interessante hoe maklik die ANC en ander se ethnic cleansing werk.
Maak dit moeilik v die eens magtige Afrikaner, met BEE ens en hul los als en vlug stert tussen die bene.

Regs! ·

Dink net! Oor ‘n paar jaar verloor die bokke teen SA spelers wat vir ander lande speel! VIVA KWOTAS!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.