SA twee laat Pro12 ‘chaoties, absurd, in harwar’

Die gesloer met die herskikking van die Europese Pro12-reeks om twee Suid-Afrikaanse spanne te huisves, “het in ʼn chaos, ʼn absurditeit en ʼn totale harwar ontaard”.

Só sê die gewese Britse en Ierse Leeu en eertydse internasionale speler van die jaar, Shane Williams, in die Britse media.

Hy reken dis onaanvaarbaar dat dit so te sê Augustus is en daar is nog geen bepalings of duidelikheid oor die formaat van die reeks nie.

Williams sê die afrigters sit met hul hande in die hare, en die ondersteuners verloor belangstelling as gevolg van die vertraging wat die insluiting van die Cheetahs en die Kings meebring.

Behalwe ʼn bespiegeling dat die reeks in twee afdelings van sewe spanne elk verdeel sal word, is niks bekend nie, en hy sê dis ʼn toestand wat die Pro12 [Pro14] juis nou nie kan bekostig nie.

“Afrigters kan eenvoudig nie vir die nuwe veldtog beplan as hulle nie weet teen wie hulle speel nie … veral in die tydperke dat hulle spelers vir internasionale diens moet afstaan.”

Williams meen ook die gesloer sal kaartjieverkope knou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LOL ·

Is die Cheetahs en Kings met ‘ n slap riem gevang deur SARU?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.