Saints stoomroller Bulls met 9 drieë

Northampton het nege drieë teen die Bulls gedruk. (Foto: X/Northampton Saints)

Die Bulls se Kampioenebeker-veldtog is iets van die verlede.

Dinge het weliswaar nie té sleg vir die besoekers ná die eerste 40 minute se spel gelyk nie, maar daarna was dit nag teen die Northampton Saints.

Die Pretorianers, wat sonder ʼn rits van hul sterre na Engeland gereis het, het ná rustyd sleg tweede teen ʼn begeesterde Saints-span gekom om met 59 – 22 op Franklin’s Gardens te verloor.

Puriste sê dikwels dat rugby nie eintlik ʼn kontaksport is nie: Een van die hoofdoelwitte is immers om gapings in die verdediging te vind; nie om getêkkel te word nie.

Nou ja, met opportunistiese spelers soos Jamess Ramm en Alex Mitchell in hul geledere, het die Saints male sonder tal die Bulls-verdediging laat bontstaan.

Nege drieë getuig nie net van hul aanvalsvernuf nie, maar ook van die Bulls se onbeholpenheid op verdediging – ʼn mens kon sien dat dié span uit Pretoria lanklaas saamgespeel het.

Tog kon die Suid-Afrikaners hul man in die eerste helfte staan; nie soseer wat duikslagvaardighede betref nie, maar wel op die aanval.

Northampton het in die openingsalvo vier van sy drieë gedruk en die Bulls kon danksy Cameron Hanekom, Akker van der Merwe en Sebastian de Klerk se pogings op die telbord terugslaan.

Rustyd was die telling 28 – 22 en dit was die meeste punte wat nóg in die eerste 40 minute van ʼn Kampioenebeker-uitspeelwedstryd aangeteken is.

Maar o wee, toe begin daardie tweede helfte…

Die Engelse media het die besoekers in aanloop tot die wedstryd laat bontstaan omdat daar soveel veranderinge tot die span aangebring is wat verlede week op ʼn drafstap met Lyon op Loftus Versfeld afgereken het.

Die Verenigde Rugbykampioenskap is duidelik die Bulls se topprioriteit waar ʼn tuishalfeindstryd ʼn definitiewe moontlikheid is.

  • Puntemakers:

Northampton Saints: Drieë: James Ramm (2), Alex Mitchell (2), Courtney Lawes, Ollie Sleightholme, Alex Coles, Fraser Dingwall en Juarno Augustus. Doelskoppe: Finn Smith (7).

Bulls: Drieë: Cameron Hanekom, Akker van der Merwe en Sebastian de Klerk. Doelskoppe: Chris Smith (2). Strafskop: Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

piet ·

Die nulle is soos ‘n broer in die tronk, groot skande so jy bly maar stil.

Frans ·

Suid Afrikaabse spanne kan nie meeding met top Europese spaane met diep sakke en wat instaat is om op groot skaal internasionale spelers te werf.Suid Afrikaanse spanne mowt mi deelneem aan die kompetisies wat hul finansies en spelerdiepte pas.

kragaap ·

Ten minste nie op hul tuisveld platgeskrum en gemaal en voonop verloor het nadat hul 13 punte voor was nie. Darem die uitspeel wedstryde gemaak. Anders as die suidelike spannetjie wat reeds 40-22 teen hul verloor het op fort Loftus. Met A span en al.

piet ·

Frans, die Stormers het dan al die URC gewen en ons het spanne wat kompeterend is. Die Stormers het hierdie selfde span ‘n maand gelede in Engeland geklop. Ons het definitief die spelers om saam te gesels.

piet ·

Wat wel waar is, is dat wanneer jy met ‘n vis en tjips span daar opdaag en nie jou beste spelers kies nie, gaan jy pakslae kry.

piet ·

9 Maart 2024 (Franklin’s Gardens, Engeland): Saints 29 – Stormers 45. Groot pakslae gewees vir die Engelse spannetjie op hul tuisveld.

kragaap ·

3 Maart 2024, Loftus, Bulle 40 suidelike spannetjie 22, A span en al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.