Sal Whiteley betyds reg én speelfiks wees vir toetse?

Warren Whiteley – weer beseer (Foto GB Jordaan)

Sal Warren Whiteley betyds van sy besering herstel om hom vir die Springbokke se vier toetse vanaf 2 Junie te oorweeg?

En sal dit dan ʼn wyse besluit wees om hom wél te kies ná die min rugby wat hy tot dusver in die Superreeks gespeel het?

Geen aanduiding daaroor is in die Lions se verklaring gegee nadat Whiteley Dinsdag aan die toerspan na Australasië onttrek is nie. Die mediese span wou hom toe nie fiks verklaar nie en in Donderdag se uitgereikte verklaring word bloot gesê dat Whiteley nie by die span sal aansluit voordat hy nie fiks verklaar word nie.

Whiteley het Maandag sy knie, wat hom ná ʼn besering teen die Blues vir vyf Superwedstryde van die veld gehou het, weer tydens ʼn oefening beseer.

Die Springbokkaptein, wat in Junie op kort kennisgewing weens ʼn liesbesering aan die derde toets teen Frankryk op Ellispark moes onttrek, het sedertdien nog net drie  Superwedstryde gespeel voordat hy op 9 Maart die knie teen die Blues beseer het.

Hy het darem ook in Desember en in Januarie ʼn paar wedstryde vir sy Japanse klub, die Docomo Red Hurricanes, gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

bloues ·

Dis hartseer. Dit was lekker om hom te sien speel, maar dis nou oor en verby. Party mense se lywe is maar net nie gemaak vir al die stampe nie.
Bewys my verkeerd asseblief Warren

JOHAN ·

HY SAL MOS NOU NIE KAN SPEEL NIE. JAKE SE MOS…. SPEEL AL DIE ANDER MANNE EN IN DIE LAND GAAN DIT MOS NIE OOR DIE BESTE SPELER NIE MAAR OOR GELD EN KLEUR………….EK VOEL AL NAAR VIR DIE SELFDE KAART WAT HUL ONS AS WIT MENS WYS AS DIT BY RUGBY KOM. KIES DIE BESTE OF HY BLOU SWART IS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.