Sale Sharks-spelers kry doodsdreigemente

Foto: Twitter.

Marland Yarde, die Sale Sharks se blitsige vleuel, het op sosiale media uitgevaar teen die doodsdreigemente wat van sy spanmaats ontvang het wat nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig het nie.

Onder die spelers in die Sharks se beginspan wat besluit het om nie die knie te buig nie, is Suid-Afrikaanse sterre soos Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut).

Dié agttal het reeds vir twee wedstryde staande gebly, terwyl sommige van hul spanmaats – onder wie Yarde – die knie gebuig het.

“Ek ondersteun die BLM-beweging ten volle en glo in die belangrikheid daarvan om die behoefte aan verandering uit te lig,” het Yarde op Twitter gesê.

“Maar terselfdertyd neem ek ook standpunt in teen die doodsdreigemente wat my spanmaats ontvang het. Dit is heeltemal onaanvaarbaar. Hierdie soort gedrag sal nie van die wêreld ’n beter plek maak nie.”

Nathi Mthethwa, Suid-Afrika se minister van sport, kuns en kultuur, was egter vroeër ontevrede met wat hy in Engeland gesien het en hy het ’n verduideliking van SA Rugby geëis.

“Ons het gesien dat hulle T-hemde ter ondersteuning van BLM gedra het, maar hulle het nie die knie gebuig nie. Toe ek dit gesien het, het ek vir Saru se president gevra om te verduidelik wat gebeur het sodat ons op dieselfde golflengte is,” het Mthethwa gesê.

Steve Diamond, Sale Sharks se direkteur van rugby, het sy spelers verdedig wat besluit het om nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

“Dit sal ’n storm in ’n glas water wees. Ons het almal die Rugby Against Racism-hemde gedra wat ons as belangrik beskou het. As ek eerlik moet wees, dink ek nie dat die hele aangeleentheid iets is waaroor jy jou hoef te bekommer nie.

“Om die knie te buig is elke indiwidu se persoonlike keuse. Ek dink nie politici moet betrokke raak nie, want hulle maak net droog as hulle dit wel doen.”

Intussen het die Northampton Saints-slot, Courtney Lawes, ook gesê dat nie almal met die BLM-beleid saamstem nie en dat hulle nie as rassiste gebrandmerk moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Niklaas ·

Wat presies wil die BLM garde nou eintlik bereik , baie geld of wat ?

Pieter ·

Tipies blm – ALL LIVES MATTER!! julle hoef vir niemand kniee te buig nie- Up yours!!

Persheks Adri ·

#Tsek BLM tsek!!! All lives matter

Ons buig voor God ALLEEN vir niemand anders nie!

Porseleintjie ·

Jeremia 1:8 : “Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by julle, Ek sal julle red”

Hand 10:38: ” Geen wapen wat teen hulle gesmee word, sal slaag nie”

Adam Adriaan ·

As BLM ondersteuners nie hulle sin kry nie, dan will hulle alles met geweld regmaak volgens hulle sin. Dit wys net weer hoe leeg en hol hulle van binne is.

Vrijburger ·

Ironie – doodsdreigemente! So ‘not all lives matter’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.