Sánchez uitgewys vir gevaarlike duikslag; skorsing sy voorland

Nicolas Sanchez (Foto tfl.fr)

Nicolas Sanchez (Foto tfl.fr)

Die beheerliggaam Sanzaar, onder wie die Superreeks en Rugbykampioenskap val, het Sondag in ʼn verklaring laat weet die losskakel van die Jaguares, Nicolás Sánchez, is uitgewys vir ongeoorloofde spel Saterdag in sy span se sege met 36-24 teen die Lions in Buenos Aires.

Sanchez is in die 38ste minuut van die wedstryd net met ’n strafskop deur die skeidsregter, Nick Briant, gestraf nadat hy met sy knie in die gesig van die Lionsvleuel Anthony Volmink gespring het toe dié die bal na ʼn hoë skop ingewag het.

Volmink het op sy rug te lande gekom, maar ironies was Sanchez se landing oënskynlik die ernstigste en was hy ietwat broos toe hy opstaan.

Die uitwysingsbeampte vir die wedstryd was van mening dat die oortreding ʼn rooikaart geregverdig het.

Dit wou voorkom of Sanchez geensins in die bal belang gestel het nie maar bloot met sy knieë na vore gespring het sonder om self die bal van die hoë skop af te probeer vang.

Dit is waarskynlik dat Sanchez ʼn paar weke lank geskors sal word vir ʼn oortreding wat Briant oorgesien het maar veel gevaarliker was as die twee hoogvatte wat vir Robbie Coetzee en Andries Ferreira geelkaarte besorg het.

♦  Die saak sal Maandag deur Sanzaar se vuilspel-hersieningskomitee oorweeg word. Dit word gedoen om die uitwysingsproses te verhaas.

Om die saak in hierdie stadium reeds af te handel moet die speler wat per video-onderhoud voor die komitee verskyn, skuldig pleit en die aanbevole straf van die hersieningskomitee aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frans C ·

Mostert na die maal.Die skeidsregter was duidelik skrikkerig vir die reaksie van die tuisskare.Laasjaar in Suid Afrika was hy in die wedstryd teen die Kings nie bang om twee geel kaarte en een rooikaart aan die Argentyne te gee nie.

Hierdie keer sien hy blatante vuilspel van veral Sanchez oor die hoof en verskuldig dit met’mistiming’. Dit is tyd dat skeidsregters voor die stok gekry word wat so eenogig onder invloed van ‘n partydige tuisskare blaas.

Dit beteken nie dat die Lions sou gewen het nie,want hul was eenvoudig nie goed nie,maar dit sou die telling veel nader aanmekaar gebring het.

Anton Kld ·

Dit is ook tyd dat skeidsregters wat hulle aan sulke skandelike besluite skuldig maak se wedstryd geld weggeneem word. Hy het nie sy werk na behore gedoen nie. Geen verskoning vir hom nie. Indien hy nie seker was nie kon hy die hulp van die TV skeidsregter vra.

Josua Keys ·

Om die TV Skeidsregter in te roep soos in die geval sou ook nie gehelp het nie want sy oë was nog meer gesluit as die skeidsregter wat geblaas het, een van die drië wat gedruk was van die Jaguares was ook nie n drie nie dit was na die TV skeidsregte verwys en net voor die laaste beweging het een van die Jaguares die bal na binne aangegee maar sy spanmaat was gebukkend en die bal het van sy rug na vore gespat en dit het gely tot die drie maar dit was duidelik nie opgetel deur die TV skeidsregter nie, ons wat in Suid Afrika sit het dit duidelik gesien so ek weet nie watse “game” het die ou gekyk nie. Johan het uitstekend gedoen om jong ouens n kans te gee om te leer volgende keer sal hy die vrugte pluk, ek dink nie die Lions was nie te sleg nie hulle was net uit die “game” geblaas en was nie toegelaat om hul normale spel te speel nie, kamtig elke keer onkant maar die Jaguares wag aan die Lions se kant vir hul eie bal… hoe verstaan jy dit wil ek weet, hulle was menige male by verre die meeste onkant gewees, skuus hulle noem dit baie baie vlak gestaan.

Moan ·

Asof dit die game sou draai. hahaha “eksperimenteer” = Dat ons n verskoning het vir n swak vertoning van rugby. Vat so Leeus.

Anton Kld ·

Moan – Nêrens is gesê dat dit die wedstryd sou draai nie.Die skeidsregter moet sy werk konsekwent doen. Jy sal dit egter nie verstaan nie. Gaan speel gerus op die treinspoor dat jy baie lank kan trappe klim.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.