Sandveld: Hoopstad kry slae, Bothaville sweet

bothavilleVerlede jaar se twee topspanne in die Griffons se Sandveldliga het dit nie Donderdag alte maklik gehad nie.

Theunissen het die kampioen, Hoopstad, 16-13 slae gegee; en die naaswenner, Bothaville, het gesweet om Parys 17-12 onder te kry.

♦ Carel van der Merwe, die hulpafrigter van Bothaville, sê soos hulle verwag het, was Parys fisiek en hard.

“Die wedstryd het sleg vir Bothaville begin toe hy in die eerste minuut sy agsteman, Ronald Niksch, en in die sesde minuut sy slot Tiaan Jonker verloor het. Bothaville moes gevolglik in die lynstane aanpas.

“Die eerste helfte was maar `n wipplank affêre en dit was Parys wat eerste die doellyn oorgesteek het. Hulle het `n los bal van Bothaville deurgeskop en oorgegaan vir vyf punte. Dit was die rustydtelling.”

Van der Merwe berig Bothaville se afrigter, Ian Potgieter, het rustyd kwaai met die manne gesels. en dit het gelyk asof dit gehelp het.

“Kort ná rustyd het Wikus Louwrens `n uitstekende indivuduele poging aangewend en onder die pale vir Bothaville se eerste punte oorgegaan.

“Kirstein Kok het met die doelskop geslaag en ses minute later `n strafskop deur die pale gejaag.”

Hy sê Bothaville het met meer selfvertroue begin speel en Willie Coetzer het oorgegaan vir sy span se tweede drie nadat Wessel Hefer deur Parys se verdegingslinie gebreek het. Kok het dit verdoel.

hoopstad-logo“Parys het egter nie gaan lê nie en het aangehou veg tot die einde toe om in die doodsnikke `n drie te druk.

Van der Merwe sê Saldi Joubert was Bothaville se beste voorspeler en Hefer die beste in die agterlyn.

♦ Hoopstad was rustyd 7-6 voor, maar het in die tweede helfte voor Theunissen geswig.

Hugo Steyn, die afrigter van Hoopstad, sê die linkervleuel, Stefan Durand, het 70 meter doellyn toe afgelê om sy eerste drie in twee jaar vir die span te druk.

Deon Botes (senter) het Durand se drie verdoel en met `n strafdoel geslaag.

Die heelagter, Charl Blom, het met `n skepskop van 55 meter geslaag.

Steyn sonder die slot Dirk Groenewald uit as sy span se speler van die wedstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.