Sandveld: kampioen kry wind van voor

Die heersende kampioen in die Griffons se Sandveldliga is besig om die wind van voor te kry in vanjaar se reeks.

Rovers III (Welkom) het Bothaville Donderdag in die derde ronde met 25-22 geklop.

Dit beteken dat die titelhouer vanjaar nog net een van sy drie wedstryde kon wen.

Hoopstad, 2015 se kampioen en Parys, wat Hoopstad verlede jaar in die kwarteindstryd gekelder het, is die enigste onoorwonne spanne in die reeks.

Parys speel nes Bothaville in die streek se Noordliga en het ʼn wegholsege van 50-14 oor Beatrix behaal.

Hoopstad het op sy beurt in die Suidliga met 33-12 met Bronvolle klaargespeel.

In die derde kragmeting in die Noordliga het Welkom III oortuigend met 22-10 teen Tikwe (Virginia) gewen.

Bultfontein het Theunissen in die Suidliga ʼn harde neut gevind om te kraak, en net-net met 25-24 gewen.

Wesselsbron, verlede jaar se naaswenner, moes in dieselfde liga hard werk om Bloemhof met 18-14 te klop.

Rovers en Welkom se eerste en tweede spanne speel in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.