Sandveld: vraagteken oor kampioen se krag

hoopstad-logo`n Vraagteken hang oor die krag van die Sandveldse kampioen, Hoopstad, vanjaar ondanks sy maklike sege Donderdag oor Bultfontein.

Hy het 24-0 gewen, maar die verwagting was dat hy `n groter oorwinning kon behaal.

Hoopstad het sy afrigter van verlede jaar, Swannie Swanepoel, en uitblinkers soos die linkervleuel Christopher Khumalo en losskakel Danie Schoonraad aan Welkom afgestaan, en dit lyk of hy nog werk het om die leemte te vul.

Verlede jaar se naaswenner, Bothaville, wat destyds in `n naelbyt-eindstryd 19-22 verloor het, het Donderdag veel oortuigender 59-0 teen Viljoenskroon gewen.

Die tellings was veel kleiner in die ander wedstryde met Parys wat 19-15 teen Tikwe, Bronville 12-7 teen Welkom III, en Theunissen 11-5 teen Wesselsbron gewen het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.