Sandveldliga: Beatrix al wat nog kan verras

griffons logoDit lyk of Beatrix die enigste span is wat Donderdag nog kan verras om die uitspeelronde in die Griffons se Sandveldliga te haal.

Die laaste rondomtalie-wedstryde voor die uitspeelrondes vind dan plaas.

Die top- vier spanne in die onderskeie streke sal van volgende week af in oorkruiswedstryde teen mekaar kragte meet, sê die streekbestuurder, Hennie Stander.

“Die twee spanne wat verlede jaar in die eindstryd gespeel het, is weer vanjaar die sterkste.”

Die Sandveld-kampioen, Hoopstad, loop veilig in die Suidelike streek voor; met Theunissen tweede, Wesselsbron derde en Bultfontein vierde.

Dis hier waar Beatrix `n buitekans het, mits hy Theunissen oortuigend kan klop.

Bothaville (verlede jaar se naaswenner) is boaan die punteleer in die Noordelike streek, gevolg deur Bronville, Tikwe (Virginia) en Parys. Die gaping tussen Welkom III en Parys is te groot om die Goudvelders `n kans te bied.

Donderdag se wedstryde –

Bothaville teen Bronville op Bothaville; Tikwe teen Viljoenskroon op Tikwe se veld; Welkom III teen Parys op Welkom; Bultfontein teen Wesselsbron op Bultfontein; Theunissen teen Beatrix op Theunissen.

Opgesomde punteleer –

Noordelike Streek

Bothaville 36, Bronville 31, Tikwe 30, Parys 24, Welkom III 11, Viljoenskroon 0.

Suidelike Streek

Hoopstad 44, Theunissen 33, Wesselsbron 25, Bultfontein19, Beatrix 15, Thabong 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.