Bultfontein het Woensdag nog ʼn trappie in die Griffons-rugbyunie se Sandveldliga geklim.
Só laat weet die klub se voorsitter, Francois Earle, nadat die Tigers met 43-0 met Wesselsbron afgereken het.
“Die span begin goed as ʼn eenheid werk, en sy positiewe energie was een te veel vir die Wesselsbronners.”
SJ Malherbe het ʼn driekuns behaal, en is as die voorspeler van die wedstryd aangewys. EP Nel was die beste man in die agterlyn.
Willem van Zyl het twee drieë gedruk; GB Marx, het die teenstanders met sy vernuf laat lê en het ook gedruk; en Dries Steyn het die span se sewende drie ná ʼn brekerlopie gedruk.