Sandveldliga: goeie sege vir naaswenner

griffons logoDie naaswenner verlede jaar van die Griffons se Sandveldliga het Donderdag `n stewige oorwinning oor Welkom III behaal.

Hy het die wedstryd op sy tuisveld 47-3 gewen.

Carel van der Merwe, `n woordvoerder van die klub, sê Reinhardt Kleynhans was die wenspan se beste voorspeler en Kirstein Kok die beste agterspeler.

Juandré Kleynhans het drie drieë vir Bothaville gedruk en Kok twee.

Die Sandveldkampioen, Hoopstad, het naelskraap 7-6 teen Wesselsbron gewen.

Ander uitslae –

Theunissen 75, Thabong 0; Tikwe Titans 22, Bronville Pioniers 15; Bultfontein 23, Beatrix 13.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.