Sandveldliga: Hoopstad se agttal baljaar

hoopstad-logoHoopstad se voorspelers het baljaar en Donderdag sewe van die span se elf drieë gedruk in sy wegholsege van 65-0 oor Beatrix in die Griffons se Sandveldliga.

Die Sandveldse kampioen was rustyd reeds 41-0 voor.

Hugo Steyn, die hoofafrigter van Hoopstad, sê die titelhouer het soos `n span begin saamspeel.

Dit was veral Jaco van der Westhuizen (haker), Niel Wentzel (slot) en Bokka de Bruyn (flank) wat in die oorheersende agttal uitgeblink het.

“Die losgemale is eenvoudig Van der Westhuizen se kos. Hy het drie drieë gedruk en is as die speler van die wedstryd aangewys.”

Wentzel het `n tweekuns behaal en De Bruyn het ook `n slag gaan druk.

Charl Blom (heelagter), Jan Groenewald (agsteman), Jacobus van der Walt (plaasvervanger-skrumskakel), Bux Roberts (plaasvervanger-vleuel) en Gareth Schenk (plaasvervanger-losskakel) het die res gedruk.

Die buitesenter, Deon Botes, het vyf verdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.