Die swaargewigte het, soos voorspel is, maar swaar geleef en die Griffons se Sandveld-kampioen het Donderdag teen alle verwagting in `n uitklophou in die kwarteindronde van die liga gekry.
Parys het Hoopstad op Hoopstad in `n baie harde wedstryd 24-17 geklop, laat weet die streekbestuurder, Hennie Stander.
“Die uitslag was tot die einde in die weegskaal.”
Tikwe (Virginia) het eweneens teen die verwagting in op sy tuisveld 23-17 teen Wesselsbron verloor.
Bothaville, verlede jaar se naaswenner, was gans te sterk vir Bultfontein, en het hom 34-0 op Bothaville geklop.
Bronville het Theunissen 19-12 op Theunissen getroef.
Stander sê die Noordelike spanne in die reeks het duidelik die botoon teen die Suidelike spanne gevoer. Hy verwag die halfeindstryde komende Donderdag behoort insgelyks skitterende rugby op te lewer.
Bothaville pak Parys op Bothaville, en Bronville vir Wesseslsbron op Bronville.
(Klubbesture landwyd word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)