Sandveldliga: sleutelwedstryde vir voorlopers

griffons logoTwee uiters belangrike wedstryde in die Sandveldliga vind Donderdag plaas, laat weet Hennie Stander die bestuurder van die liga.

Die onderskeie voorlopers Bothaville (Noorderafdeling) en Hoopstad (Suiderafdeling) speel teen onderskeidelik Theunissen op Theunissen, en teen Parys op Bothaville.

In die Suiderafdeling is Hoopstad (die Sandveld-kampioen) tans onoorwonne, en in die Noorderafdeling is sowel Bothaville (verlede jaar se naaswenner) as Parys tans onoorwonne.

Stander sê die vier spanne behoort baie goed teen mekaar op te weeg, met die tuisvoordeel wat dalk net `n rol in die uitslag van die wedstryde kan speel.

♦ Verlede week se wedstryd tussen Theunissen en Bultfontein kon as gevolg van kragprobleme nie gespeel word nie. Die spanne deel die punte.

♦ Die dispuut ten opsigte van die wedstryd tussen Theunissen en Wesselsbron is steeds hangende `n besluit deur die klub- en kompetisiekomitee oor die uitslag.

Die jongste uitslae –

Parys 15, Bronville 5; Bothaville 24, Tikwe (Virginia) 9; Welkom III 60, Viljoenskroon 7; Hoopstad 65, Beatrix 0; Wesselsbron 69, Thabong 0.

Opgesomde punteleer –

Noorderafdeling

Bothaville 15, Parys 13, Welkom III 6, Tikwe 5, Bronville 5, Viljoenskroon 0.

Suiderafdeling

Hoopstad 14, Theunissen 11, Wesselsbron 7, Bultfontein 7, Beatrix 0, Thabong 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.