Die Griffons-rugbyunie (GRU) se Sandveldse kampioen, Bothaville, het die afgelope naweekronde ʼn verdere terugslag in die streek se Noordafdeling beleef.
Parys, die voorloper in die afdeling, het hom met 21-7 geklop.
Bothaville kon tot dusver vanjaar nog net twee van sy ses ligawedstryde wen.
Hoopstad, die 2015-Sandveldkampioen, is die enigste onoorwonne span in die reeks, en is ná ses wedstryde boaan die punteleer in die Suidstreek.
Hy het Bultfontein in sy jongste wedstryd met 26-0 geklop.
Willem van Zyl, ʼn woordvoerder van Bultfontein, sê albei spanne het goeie rugby gespeel, maar Hoopstad het sy balbesit beter benut.
“Bultfontein sal met mening terugkeer,” het hy belowe.
Ander uitslae –
Noord
Tikwe (Virginia) 52, Beatrix 0; Rovers III 33, Welkom III 27.
Suid
Theunissen 41, Wesselsbron 3, Bronville 34, Bloemhof 9.
Opgesomde punteleer –
Noord
Parys 22, Rovers III 22, Welkom III 17, Tikwe 16, Bothaville 10, Beatrix 1.
Suid
Hoopstad 29, Bultfontein 18, Bronville 18, Theunissen 12, Wesselsbron 11, Bloemhof 1.