Sandveldliga: vier deurslaggewende stryde wag

hoopstad-logoGroot afwagting heers in die Griffons se Sandveldstreek waar vier wedstryde Donderdag bepalend sal wees in die aanloop tot die uitspeelwedstryde.

Hennie Stander, die streekbestuurder, sê `n goeie afleiding sal dan gemaak kan word wie die verskillende afdelings sal wen. Dis ook belangrik in die wedloop om tuiswedstryde in die uitspeelronde.

Die wedstryde ter sprake is dié tussen Parys en Bronville op Bronville; tussen Tikwe (Virginia) en Bothaville op Bothaville; tussen Bultfontein en Theunissen op Bultfontein; en tussen Hoopstad en Beatrix in Welkom.

Laasgenoemde het verlede Donderdag verras deur Bultfontein 17-14 te klop om sy eerste sege vanjaar in die reeks te behaal.

In Donderdag se ander wedstryde het die Sandveldkampioen, Hoopstad, 36-17 teen Wesselsbron gewen; die naaswenner verlede jaar Bothaville het Welkom III 57-7 verniel; Bronville het 17-13 teen Tikwe gewen; en Parys het Viljoenskroon 45-3 afgestof.

♦ Hugo Steyn, Hoopstad se hoofafrigter, laat weet Ruben Goussard (regtervleuel), Christopher Marais (binnesenter), Neul Menezes (losskakel), Jan Grenewald (agsteman), Bokka de Bruyn (flank) en Niel Wentzel (plaasvervanger-stut) het sy span se drieë gedruk.

Deon Botes (buitesenter) het drie daarvan verdoel.

Opgesomde punteleer –

Suidelike Afdeling

Hoopstad 30, Theunissen 29, Wesselsbron 17, Bultfontein 13, Beatrix 4.

Noordelike Afdeling

Bothaville 30, Parys 24, Bronville 22, Tikwe 21, Welkom 3  7, Viljoenskroon 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.