Sandveldliga: voorste spanne aan die wenkant

hoopstad-logoDie voorste twee spanne in die Sandveldliga was albei Donderdag aan die wenkant.

Die kampioen, Hoopstad, het 26-11 met Bultfontein afgereken, en verlede jaar se naaswenner, Bothaville, het Viljoenskroon 81-0 verrinneweer.

♦ Hugo Steyn, die afrigter van Hoopstad, sê sy span het rustyd 7-3 voorgeloop.

“Die agsteman, Bokka de Bruin, het waarskynlik sy heel beste wedstryd dusver gespeel en twee drieë gedruk.

“Jimmy Roberts het drie lynstaanballe by Butfontein afgeneem en `n drie gedruk. Hy is as die speler van die wedstryd aangewys.

“Chris Marais, die binnesenter, het Hoopstad se vierde drie gedruk, en die buitesenter, Deon Botes, het drie daarvan verdoel,” het Steyn aan Pale Toe! gesê.

♦ Carel van der Merwe, die hulpafrigter van Bothaville, laat weet Juandrè Kleynhans was die beste agterspeler en Japie Potgieter die beste voorspeler.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.