Sandveldliga: Welkom verras vir oulaas

welkomWelkom het Donderdag vir oulaas vir `n groot verrassing in die Griffons se Sandveldliga gesorg.

Die klub se derde span het die beter geagte Parys oortuigend 31-15 in die laaste rondomtalieronde geklop, maar die sege kom te laat om die Goudvelders `n plek in die uitspeelronde te besorg.

In die ander wedstryde het Theunissen vir Beatrix 36-0 verslaan; Bothaville het die bordjies teen Bronville verhang en oortuigend 30-12 gewen; en Wesselsbron het Bultfontein 14-7 geklop.

Aanstaande Donderdag se kwarteindronde is nou soos volg bepaal (tuisspanne eerste):

Hoopstad teen Parys,

Tikwe (Virginia) teen Wesselsbron,

Bothaville teen Bultfontein, en

Theunissen teen Bronville.

Hennie Stander, die Sandveldstreek se bestuurder, verwag `n baie interresante ronde, aangesien dit die eerste keer vanjaar is dat die betrokke spanne teen mekaar speel.

“Verrassings is nie uitgesluit nie, en die spanne wat bo geëindig het, kan nie eenvoudig aanvaar hulle gaan wen nie. Hulle kan dalk verkeerd bewys word.”

Finale puntestand –

Noordelike Streek

Bothaville 40, Tikwe (Virginia) 35, Bronville 31, Parys 24, Welkom III 15, Viljoenskroon 0.

Suidelike Streek

Hoopstad 45, Theunissen 38, Wesselsbron 29, Bultfontein 20, Beatrix 15, Thabong 0.

(Klubbesture word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.