SA’ners blink uit in Engeland

Jasper Wiese. (Foto: Twitter)

Die Suid-Afrikaners Jasper Wiese en Hanro Liebenberg het elkeen ʼn drie gedruk vir die Leicester Tigers om Gloucester 35-23 te klop in die Engelse Premierliga.

Liebenberg is die Tigers se kaptein en sy span het ʼn stewige voorsprong op die punteleer.

Die rustydtelling was 16-14 in Gloucester se guns, maar in die tweede helfte het Leicester die oorhand gekry.

Liebenberg en Guy Porter het gaan druk en Freddie Burns het een verdoel en was suksesvol met drie strafskoppe pale toe.

In die ander wedstryd wat die naweek beslis is, het Bath die Newcastle Falcons gister met 30-25 geklop. In Vrydag se wedstryde het Harlequins met 29-21 gewen teen Worcester Warriors, London Irish en Sale Sharks het 27-elk gelykop gespeel en Bristol Bears was met 31-19 baas teen Wasps.

Vanmiddag 15:00 Suid-Afrikaanse tyd speel die Northampton Saints teen Exeter Chiefs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.