Sanzaar beëindig bespiegeling oor Super-formaat

Sanzaar het ʼn einde aan die weke lange bespiegeling oor die Superrugby-reeks se formaat vir aanstaande jaar gemaak.

Luidens ʼn verklaring wat in Sydney uitgereik is, sal slegs 15 spanne in 2018 aan die reeks deelneem.

Suid-Afrika sal twee en Australië een span inboet.

Die Nieu-Seelandse afdeling sal uit vyf plaaslike spanne bestaan; die Suid-Afrikaanse afdeling uit vier SA spanne en die Jaguars (Argentinië); en die Australiese afdeling uit vier Aussiespanne en die Sunwolves van Japan.

Daar sal 120 wedstryde gespeel word (15 minder as vanjaar), en elk van die spanne sal agt wedstryde in sy afdeling speel – vier tuis en vier weg. Elkeen sal ook agt oorkruiswedstryde teen vier van die vyf spanne in elk van die ander afdelings speel – eweneens vier tuis en vier weg.

Dit kom daarop neer dat elke span teen 12 van die ander 14 spanne sal speel, 85% van die teenstanders teenoor vanjaar se 70%.

Die kwarteindstryd sal deur die drie afdelingswenners en die volgende vyf geskoei op ligapunte, ongeag die afdeling waarin hulle speel, uitgespook word.

Die afdelingswenners en die vierde beste geplaaste span sal kwarteindstryde tuis speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

katjie ·

Hulle moet maar weer die Cats (Lions en Cheetahs) terugbring.

JAMES ·

Ek sou sê hul moet die Leeus en die Bulle saamsmelt. Bloem is té vêr van JHB af om saam met hul ‘n span te vorm.

Daphne Jordaan ·

Hulle moes 1 span van die Lions en bulle gemaak ht. Bulle verloor teen die Sunwolves en Lions gaan vlg jaar niks wees wanneer Ackerman weggaan nie. Hoop sa rugby verswak so dat NZ almal uit Super rugby gooi. Is dit hkm die Cheethas en Kings nie in die DSTV advertensie vir Super rugby genoem word nie… Ja die groot unies sorg net vir hulself. Mag WP se lot julle ook tref.

Albert Smit ·

Mag jy maar liewer glad nie weer rugby kyk nie. As jy hoop dat jou eie land se rugby so verswak, is jy nie ‘n rugbyondersteuner se agterent werd nie. Gaan liewer netbal toe waar jy hoort.

Gawie ·

NZ kon ook maar een span verloor het. Die Blues is pateties oor die algemeen. NZ kon eerder ‘n gekombineerde PI span in die Blues se plek voorgestel het. NZ ry ook maar op die rug van die PI invloed. Sonder daai ouens sal hulle maar middelmatig wees. Die Australiese konferensie is belaglik swak. Met die Ruperts wat nou die meerderheid aandeel in WP het, is die WP waarskynlik nou finansieel die sterkste en standvastigste unie in SA.. Jammer vir die Cheetahs, net nie goed genoeg om op die vlak te kompeteer nie, Kings was natuurlik ‘n gemors van die begin af.

Gawie ·

Nee, dis waar NZ ons een voor is. Hulle sorg dat hulle talent eweredig verprei word tussen die spanne. Ek stel voor dat met die kies van die spanne, ‘n franchise slegs aanvanklik twee spelers per posisie mag aanwys. Die res moet in die poel wees sodat ander franchises van hul gebruik kan maak. So, as die Lions byvoorbeeld 3 fantasties skrumskakels het, mag hulle net 2 kies en die ander een moet vir ‘n ander franchise beskikbaar wees.

Jan Karsten ·

Ek sê, SA super rugby moet heeltemal onttrek en Noord gaan speel, baie korter vlugte en word nie deur SANZAAR beheer wat alles doen vir geld nie.

John ·

Die spulletjie is belaglik. Mense moet met groot onkoste na gebiede verhuis om dalk ‘n plek in ‘n span te kry. SA word al klaar benadeel. Hulle wil nou rugby soos sokker hanteer en kyk wat het in Fifa gebeur… skelmstreke…

Frans C ·

Daar is geen rede waarom daar nie na ‘n ander geografiese indeling gekyk kan word nie.
Die Blou Bulle het ontstaan omdat die destydse spelers van wat bekend was as Noord Transvaal maar redelik stief behandel is deur diegene wat destyds die ou Transvaalspan gekies het.

Dus kan die ou Transvaalspan maar wil herlewe .Die span sal dus kom uit die Valke-(ou Oos Transvaal) die Pumas (ou Suid Oos Transvaal) Luiperds (ou Wes Transvaal) die Lions (gedeelte wat oorgebly het van destydse Transvaal en Noord Transvaal (blou Bulle).

As daar van al die ou griewe weggestap kan word ,behoort ‘n span saamgestel te word,wat met die beste in die kompetisie kan saampraat en kan wedstryde so verdeel word dat elke streek ‘n wedstryd kan aanbied)

Hoe kies ‘n mens so’n span? Outydse proefwedstryde is die antwoord en ‘n neutrale keurkomitee.Omdat daar so baie spelers in die streek is kan spelers wat nie span haal nie,na ander spanne gesekondeer word soos bv. die Cheetahs.

So kan vier baie sterk streekspanne gekies word as almal net van hul troontjie van eie belang sal afklim en hul provinsiale bril sal afhaal.

JJ ·

Hulle moet die bulle en kings weglaat. Die Cheetas speel ten minste rugby

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.