Die Kings se aangeklaagde speler is vrygespreek, en kan Saterdag teen die Brumbies in die Superrugbyreeks speel.
Die plaasvervanger-stut Ross Geldenhuys is Maandag voor Sanzaar se vuilspelkomitee gedaag nadat hy in die Kings se jongste wedstryd sy derde geelkaart in vanjaar se reeks op die lyf geloop het.
Die beheerliggaam het Dinsdag bekend gemaak dat die komitee al die getuienis, insluitende die beeldmateriaal en skeidsregtersverslae, van al drie voorvalle bestudeer het, en op grond daarvan besluit het dat dit geen verdere straf regverdig nie.
In die eerste twee gevalle was dit tegniese oortredings en in die jongste geval het dit oor herhaalde oortreding deur die span (die Kings) gehandel.
“Die speler is gewaarsku oor sy herhaalde oortreding van die reëls, maar is vry om aan te hou speel,” lui die verklaring onder meer.