Sanzaar nooi Fidji vir gesprek oor Superrugby

Ben Ryan – vra Superfranchise vir Fidji. (Foto: ur7s)

Ben Ryan – vra Superfranchise vir Fidji. (Foto: ur7s)

Sanzaar het Fidji Vrydag genooi om gesprek oor die moontlikheid van `n Superrugby-franchise te voer.

Die liggaam sê in `n mediaverklaring hy het met belangstelling verneem van `n “veldtog” (Sanzaar se aanhalingstekens) wat deur die gewese sewesafrigter van Fidji, Ben Ryan, gelei word om `n Superrugbyspan in Fidji te ontwikkel.

Sanzaar verklaar uitdruklik dat nóg Ryan, nóg enigiemand anders die beheerliggaam oor die voorstel genader het.

Andy Marinos, die hoof- uitvoerende hoof van Sanzaar, sê dit lyk vreemd dat `n veldtog gevoer word, grootliks in die media, wat Sanzaar as eienaar van die reeks regstreeks raak, maar hom totaal in die duister laat.

“Sanzaar sal `n gesprek verwelkom, en is ontvanklik om met [Ryan] of enige van sy geassosieerdes oor die voorgestelde plan te praat as hy besluit om dit met ons te bespreek,” het Marinos in die verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.