Sanzaar waarsku Lions-afknouer

ʼn Brumbies-speler wat een van die Lions Vrydag met ʼn knie in die rug bygekom het, is deur Sanzaar se wedstrydkommissaris gewaarsku.

Luidens ʼn verklaring wat Saterdag deur die beheerliggaam uitgereik is, is die agsteman Jordan Smiler vermaan oor sy optrede.

Die voorval het in ʼn losskrum in die negende minuut van die twee spanne se kragmeting in die Superrugbyreeks in Canberra plaasgevind.

Die wedstrydkommissaris mag sulke waarskuwings uitreik vir vuilspel wat hy ag baie na aan ʼn rooikaartdrumpel kom, maar dit nie oorskry nie.

Nadat die kommissaris beeldmateriaal van die wedstryd bestudeer het, het hy besluit die waarskuwing is voldoende, lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stephanus ·

En as dit ‘n Lions speler was sou hy geskors gewees het!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.