Saru, dink baie mooi oor die toekoms van Bokrugby

Eddie Jones (Foto the guardian.com)

Eddie Jones (Foto the guardian.com)

Ek wonder steeds of Eddie Jones enige verskil aan Suid-Afrikaanse rugby sou gemaak het.

Slegs ʼn jaar gelede was Engeland se rugbyspan in sak en as. Die span kon nie die uitspeelrondes van die Wêreldbekertoernooi haal nie en die afrigter Stuart Lancaster se paadjie het ʼn doodloopstraat bereik. Jones, wat reeds in die Kaap was om die Stormers te brei, het sy rug op sy nuwe werkgewer gedraai en binne ʼn paar maande het Engeland ʼn metamorfose ondergaan.

Veronderstel Jones sou na net drie maande by die Stormers die pos as Bokafrigter gekry het, sou hy die mas opgekom het?  Sou die rugbybase na hom geluister het?

Onder Jones het hy ʼn sukkelende en stotterende Engelse span omgedraai  en in wêreldbrekers ontwikkel. As Engeland Saterdag op Twickenham die Wallabies klop en al sy wedstryde in die komende Sesnasiesreeks wen, vee hy die All Blacks se wêreldrekord van 18 agtereenvolgende oorwinnings uit die rekordboeke. Alles binne die bestek van een jaar!

Kom ons wees eerlik: is Engeland beter as die All Blacks? Sou die Engelse Nick Mallett se Bokspan wat tussen 1997/’98 onoorwonne in 17 toetse was, kon klop?

Jones het van die begin af sy voet neergesit en gekry wat hy gevra het. Hulpafrigters, verdedigingsafrigters, skopafrigters, skrumdokters. Hy het oefenkampe gehou en op van die klubs se tone getrap, want verskeie spelers het gekrok na hul klubs teruggekeer.  Hy het die versoeking weerstaan om Engelse spelers wat in Frankryk te speel, te kies, Hy het van die begin af op ʼn spelpatroon besluit wat op die sterkpunte van Engelse rugby gekonsentreer het.

Die belangrikste is dat daar na hom geluister is.

Toe Kitch Christie in 1994 aangestel is om Ian McIntosh as Bok-afrigter te vervang, het hy ook gekry waarvoor hy gevra het; afrigters, oefenkampe, die regte bestuurspan en hy kon kies wie hy wou. Almal weet dat die Bokke hul volgende 14 toetse sou wen, insluitende die Wêreldbeker in 1995.

Nieu-Seeland was ʼn paar keer ook al by dié kruispad. John Mitchell se kop het as afrigter gerol, so ook dié van Wayne Smith, en Graham Henry was na ʼn mislukte WB-veldtog in 2007 ook byna sonder werk.

Stel sake in die raadsaal reg en dit sal oorspoel na die veld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
LOSKOP

Pieter Kruger, jy is heeltemal reg met jou kommentaar. Stel vir Nick Mallett en Naas Botha aan as afrigters en binne ses maande wen ons die Engelse , All Blacks , jy noem hulle ons sal hulle wen. A C is nie opgewasse om die Blesbokke af terig nie , al gee jy hom die beste hulp afrigters , dit is mos nou bewys met jaar eind toer. N Mallett het naas K Christie die beste afrigtings rekord 17 toetse in n ry gewen , maar is deur mense wat geen benul van rugby gehad het nie in die pad… Lees meer »

Waghond

Pieter, die feite vd saak is, is dat AC hierop moes aangedring het toe hy sy kontrak beding het! Indien hy nie te vinde oor die kontrakbepalings was nue moes hy dit vd hand gewys het – dit is wat Jones sou doen. Sy gebrek aan insig mbt spankeuses en kombinasies is ooglopend. Hy het welliswaar (beperkte) sukses met die Stormers in Super Rugby behaal, maar met die kaliber spelers tot sy beskikking moes hy eerlikwaar ‘n Super Rugby titel verower het. Wat het hy gebaat en probeer bereik om Du Preez met sowat 3 min speeltyd oor teen Wallis… Lees meer »

callie

Die afrigter is die spil waarom alles draai. As dit nie so was nie sou enige afrigter mos goed gedoen het. Hoeveel bewyse soek ons nog in SA dat met die regte afrigter kry jy die regte spelpatroon omdat die regte en beste spelers gekies is wat mekaar vertrou en wat die spelpatroon volg omdat hulle die afrigter se denkwyses glo en vertrou. In SA gaan dit nooit weer werk nie. Geen afrigter wat trots in hom het sal SA afrig op SARU se voorwaardes nie. Hy gaan nie sy naam weggooi met n span wat hy weet dit nie… Lees meer »

Pietser

AC sal beslis nie sukkel om werk te kry as afrigter nie, en is hoog in aanvraag in die buiteland. Mense vergeet dat SARU hom te duurste uit sy afrigtingspos in Japan afgerokkel het. So ver ek weet het hy nogal goed gevaar in Japan.

Herman G

Ja, die administrateurs stel die regte (beste) afrigter aan, gee hom alles wat hy wil hê (binne perke), en stel strukture in plek – soos byvoorbeeld, talent identifiseëring, afrigting van skoliere, O/19, O/21 spanne ens., bestuur die finansies goed, so dat geld inkom (borgskappe, kaartjie verkope, tv regte, klere), bemarking van die spanne, vashou aan waardevolle spelers om maar net ‘n paar dinge te noem.
Om dit reg te doen, het jy die regte mense nodig met die regte ervaring. Wie, na Louis Luyt, was opgewasse hiervoor? Die Springbok span se vertooning antwoord daai vraag!