Saru, dink baie mooi oor die toekoms van Bokrugby

Eddie Jones (Foto the guardian.com)

Eddie Jones (Foto the guardian.com)

Ek wonder steeds of Eddie Jones enige verskil aan Suid-Afrikaanse rugby sou gemaak het.

Slegs ʼn jaar gelede was Engeland se rugbyspan in sak en as. Die span kon nie die uitspeelrondes van die Wêreldbekertoernooi haal nie en die afrigter Stuart Lancaster se paadjie het ʼn doodloopstraat bereik. Jones, wat reeds in die Kaap was om die Stormers te brei, het sy rug op sy nuwe werkgewer gedraai en binne ʼn paar maande het Engeland ʼn metamorfose ondergaan.

Veronderstel Jones sou na net drie maande by die Stormers die pos as Bokafrigter gekry het, sou hy die mas opgekom het?  Sou die rugbybase na hom geluister het?

Onder Jones het hy ʼn sukkelende en stotterende Engelse span omgedraai  en in wêreldbrekers ontwikkel. As Engeland Saterdag op Twickenham die Wallabies klop en al sy wedstryde in die komende Sesnasiesreeks wen, vee hy die All Blacks se wêreldrekord van 18 agtereenvolgende oorwinnings uit die rekordboeke. Alles binne die bestek van een jaar!

Kom ons wees eerlik: is Engeland beter as die All Blacks? Sou die Engelse Nick Mallett se Bokspan wat tussen 1997/’98 onoorwonne in 17 toetse was, kon klop?

Jones het van die begin af sy voet neergesit en gekry wat hy gevra het. Hulpafrigters, verdedigingsafrigters, skopafrigters, skrumdokters. Hy het oefenkampe gehou en op van die klubs se tone getrap, want verskeie spelers het gekrok na hul klubs teruggekeer.  Hy het die versoeking weerstaan om Engelse spelers wat in Frankryk te speel, te kies, Hy het van die begin af op ʼn spelpatroon besluit wat op die sterkpunte van Engelse rugby gekonsentreer het.

Die belangrikste is dat daar na hom geluister is.

Toe Kitch Christie in 1994 aangestel is om Ian McIntosh as Bok-afrigter te vervang, het hy ook gekry waarvoor hy gevra het; afrigters, oefenkampe, die regte bestuurspan en hy kon kies wie hy wou. Almal weet dat die Bokke hul volgende 14 toetse sou wen, insluitende die Wêreldbeker in 1995.

Nieu-Seeland was ʼn paar keer ook al by dié kruispad. John Mitchell se kop het as afrigter gerol, so ook dié van Wayne Smith, en Graham Henry was na ʼn mislukte WB-veldtog in 2007 ook byna sonder werk.

Stel sake in die raadsaal reg en dit sal oorspoel na die veld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

LOSKOP ·

Pieter Kruger, jy is heeltemal reg met jou kommentaar. Stel vir Nick Mallett en Naas Botha aan as afrigters en binne ses maande wen ons die Engelse , All Blacks , jy noem hulle ons sal hulle wen.
A C is nie opgewasse om die Blesbokke af terig nie , al gee jy hom die beste hulp afrigters , dit is mos nou bewys met jaar eind toer. N Mallett het naas K Christie die beste afrigtings rekord 17 toetse in n ry gewen , maar is deur mense wat geen benul van rugby gehad het nie in die pad gesteek oor hy oor duur toets kaartjies sy mening uit gespreek het . A C moet in die pad gesteek word hoe gouer hoe beter , hy het klaar die mentaliteit van ek is hier om te bly en nie om af terig nie.

Waghond ·

Pieter, die feite vd saak is, is dat AC hierop moes aangedring het toe hy sy kontrak beding het! Indien hy nie te vinde oor die kontrakbepalings was nue moes hy dit vd hand gewys het – dit is wat Jones sou doen. Sy gebrek aan insig mbt spankeuses en kombinasies is ooglopend. Hy het welliswaar (beperkte) sukses met die Stormers in Super Rugby behaal, maar met die kaliber spelers tot sy beskikking moes hy eerlikwaar ‘n Super Rugby titel verower het. Wat het hy gebaat en probeer bereik om Du Preez met sowat 3 min speeltyd oor teen Wallis op die veld te stuur? Hy maak Springbokkleure goedkoop. Sy kommentare voor/na wedstryde spreek van ‘n ongemotiveerde houding wat geensins bevorderlik is vir spangees en moraal nie. Om nou nie eers van sy “koppestamp” sessie te praat nie!.Hy het beheer en respek vd kleedkamer verloor. Raak ontslae van hom en begin van vooraf.

callie ·

Die afrigter is die spil waarom alles draai. As dit nie so was nie sou enige afrigter mos goed gedoen het. Hoeveel bewyse soek ons nog in SA dat met die regte afrigter kry jy die regte spelpatroon omdat die regte en beste spelers gekies is wat mekaar vertrou en wat die spelpatroon volg omdat hulle die afrigter se denkwyses glo en vertrou.
In SA gaan dit nooit weer werk nie. Geen afrigter wat trots in hom het sal SA afrig op SARU se voorwaardes nie. Hy gaan nie sy naam weggooi met n span wat hy weet dit nie gaan maak nie. Wie in die wereld sal nou belangstel in AC. Heyneke Meyer het geloop oor hy integriteit het en trots in hom het en besef het n 50% kwota het 0% kans om die kwarteindrondes te haal. AC kan nie loop nie want soos genoem, waar sal hy n afrig werkie kry, miskien by n skole span. Geen indabas en superspan afrigters wat selfde patrone moet speel gaan SA rugby red nie. Feite, kies beste afrigter met hy wat sy bestuurspan kies, hy wat sy span kies en sy game plan speel, sal waarborg geen kwotas sal gekies word nie. Hou ook op met die plan B waarvan sommiges praat. Geen span wat sukses vol is het n plan B nie. Hoekom sal die 2de keuse plan werk as die beste een nie werk nie.

Pietser ·

AC sal beslis nie sukkel om werk te kry as afrigter nie, en is hoog in aanvraag in die buiteland. Mense vergeet dat SARU hom te duurste uit sy afrigtingspos in Japan afgerokkel het. So ver ek weet het hy nogal goed gevaar in Japan.

PIETMAN ·

Na vanjaar gaan hy sukkel om n ander werk te kry. Japan het geen rugby kultuur nie, hulle is maar net te bly om n rugbyafrigter met bietjie ervaring te kan kry. Ou snorre het na n veel beter vertoning by die bokke nie weer werk gekry nie.

Pietser ·

Japan het nie ‘n rugbykultuur nodig gehad om Heyneke se Bokke te klop nie. Jones het ook daar afgerig, ek is seker die geld is goed.

Christo Visagie ·

Pietser,,,,,,,,,,,,,,,,,,jy is lyk my die enigste mens wat dink hy is ‘n goeie afrigter. WP ondersteuners het jare lank gekla oor hom, behalwe jy. Ek hoor die All Blacks het begin voelers uitsteek na AC om hulle te kom wys hoe mens nie ‘n span moet afrig nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Herman G ·

Ja, die administrateurs stel die regte (beste) afrigter aan, gee hom alles wat hy wil hê (binne perke), en stel strukture in plek – soos byvoorbeeld, talent identifiseëring, afrigting van skoliere, O/19, O/21 spanne ens., bestuur die finansies goed, so dat geld inkom (borgskappe, kaartjie verkope, tv regte, klere), bemarking van die spanne, vashou aan waardevolle spelers om maar net ‘n paar dinge te noem.
Om dit reg te doen, het jy die regte mense nodig met die regte ervaring. Wie, na Louis Luyt, was opgewasse hiervoor? Die Springbok span se vertooning antwoord daai vraag!

Max ·

In die sportkomitees in die parlement het een van die parlementêre sprekers vir die rugby verteenwoordigers laasweek gesê: “Don’t even think or try to replace Allister Coetzee”.
Daars die antwoord.

PIETMAN ·

Ja ou AC is hier vir die volgende 4 jaar , dalk nog 8 jaar. SARU se geldjies gaan ook or die tyd opraak. Ha ha

Louis ·

Die regering sal hulle ondersteun want dit is nou n nie-blanke besigheid.Hulle voel niks solank hulle net in beheer kan bly.

Arie ·

Ek stem! Ek wonder hoeveel blankes daar nog in sarfu is? Dit lyk na min en die wat wel daar is hoort nie daar nie, daar is in elk geval geen leiers onder hulle nie, die anc regeer nou ons rugby ook

callie ·

Toemaar Pietser en AC sal voortgaan met alles. Dink nie hulle besef nie maar hulle sal maar met tv games hul bokdrome laat voortleef want teen einde volgende seisoen sal bokke heel moontlik nie meer bestaan as daar nie n wonderwerk gebeur nie

Theuns ·

Loskop,met alle respek Naas sal ook niks as afrigter regkry nie,Waterkloof het nêrens gekom toe hy die afrigter was,watwou nog die bokspan afrig.Mallet stem ek saam mee,maar dan moet hy ook goeie ondersteunende afrigters hê.

JOHAN DE VILLIERS ·

Die indabas is ‘n vermorsing van tyd. Die bestuur kan hul self nie help. Hoe wil hulle SA rugby regruk. Plaas rugby terug in rugbymense se hande. Vergeet van die ANC hulle is oppad uit. Maak SA rugby se rug styf en fire die spul kwotas in die bestuur. Die nar van WP is of kan Alexander se adjunk word terwyl hy WP in die grond in bestuur het. Is die “sangomas” toepaslik gekwalifiseer om as spandokters op te tree. Hulle kom eers agter daar was fout as die speler al herstel het. My voorstel fire die spul, Stel rugbykenners aan. Kies die beste spelers (wit of swart) of sit met onder gemiddelde en oorbetaalde sukkel bokke . Die pawiljoene sal praat. johan

Anoniem ·

Middag Johan de Villiers

Jy lewer goeie kommentaar, maar dit gaan nie help jou kommentaar word hier geplaas nie. Al die Bokondersteuners kla oor die huidige toestand van Bokrugby in die land maar hier op Maroela Media se kommentaar kolomme is nie die regte plek om ons stem te begin dik maak nie. Daar moet begin word om direk aan SARU klagtebriewe te rig. Dit is dan wanneer daar na die Bokondersteuners geluister gaan word . Dit is maar my beskeie opinie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.