Saru en kleiner bonde steeds haaks oor geld

Die SA Rugbyunie (Saru) en van die kleiner provinsiale bonde is steeds haaks oor die bedrag geld wat die nasionale liggaam aan die bonde oorbetaal.

Saru het Vrydag ʼn bondige verklaring uitgereik om te sê hy het in Johannesburg met die betrokke bonde beraadslaag sonder om ʼn ooreenkoms te bereik.

Almal het hulle egter verbind om die kwessie met ʼn reeks vergaderings in Oktober uit die weg te probeer ruim.

Boland, Grens, die Griffons, die Luiperds en die Valke het vroeër aangedui dat hulle regstappe teen Saru beoog nadat laasgenoemde sy geldtoekenning vanjaar aan die kleiner bonde met meer as die helfte verminder het.

Die ontevrede bonde beskou dié besnoeiing as ongrondwetlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

All Black ·

Met KWOTA RUGBY het al die getroue ondersteuners begin wegbly en hulle beursies toehou. Getroue Bok ondersteuners skreeu nou al vir die All Blacks. SARU pluk nou die vrugte van sy besluite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.