Saru kan dit nie meer bekostig om Kings op ashoop te gooi

Jy maak jou eie bed op, en jy slaap daarin.

Dis een van die honderde uitdrukkings waarmee ons grootgemaak is, wat aan die onbyttafel saam met ons bakkie Rice Krispies  gevoer is en wat ons elke dag op skool moes aanhoor.

Toe Mark Alexander, die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux in Maart in Londen ʼn Sanzaar-vergadering bygewoon het, het hulle sekerlik nie voorsien waarop dit sou afstuur nie.

Die ongewilde besluit is geneem dat twee Suid-Afrikaanse spanne van aanstaande jaar op die Superrugby-ashoop gegooi sou word. Almal was dit eens, die Southern Kings en ’n tweede franchise se Superdae was getel.

Dit het gou duidelik geword dat die Cheetahs saam met die Kings in die slag sou bly volgens van die riglyne wat opgestel is: fasiliteite, toeskouerbywoning, vertonings (ook in vorige reekse), spelergetalle, talent-ontwikkeling en finansiële volhoubaarheid.

Die riglyne het soos ʼn handskoen gepas, maar toe draai die gety in die Kings se guns. Nou staan elke Jan Rap en sy maat (waar was hulle die afgelope 129 jaar sedert die Oostelike Provinsie in 1888 gestig is?) agter hulle en Saru sal baie diep moet nadink.

Hoe gaan jy die Kings uitskop ná drie agtereenvolgende  oorwinnings, oor die Waratahs op toer, die Rebels (40-3 ) tuis en Saterdag ook die Sharks (35-32)?

Die Kings het 19 ligapunte, het 289 punte aangeteken (37 drieë gedruk) en 316 afgestaan (39 drieë).

Vergelyk dit byvoorbeeld met die Bulls se 15 ligapunte, 212 punte aangeteken (23 drieë”) en 285 afgestaan (36 drieë).

Daar was Saterdag 22 000 toeskouers in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth en wees maar verseker, wanneer die Kings Saterdag teen die Brumbies speel, gaan die stadion nog voller wees.

Hoeveel toeskouers was daar Saterdag op Loftus toe die Bulle teen die Highlanders verloor het? Ja, dit was koud en dit het gereën, maar wat van die vorige Saterdag teen die Crusaders en die week daarvoor?

Ewe skielik is daar ʼn rits Kings-aanspraakmakers op groter roem (Springbokspan teen die Franse en die SA A-span, wat ook in Junie teen die Franse Barbarians speel).

Masixole Banda, Berton Klaasen, Makazole Mapimpi,  Lionel Cronje, Louis Schreuder, Schalk van der Merwe, Chris Cloete, Tyler Paul, Andisa Ntsila en nog ʼn hele paar ander.

Hoeveel Bulls gaan vanjaar vir dié twee spanne speel?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jack Russl ·

Ja, die Kings het 3 goeie weke after die rug, maar dit is kan nie die oorweging wees oor hoekom hulle in die SR moet bly nie. Wag maar dat die wedstryde klaar gespeel is, dan praat ons weer.

Almal het die eerste keer toe die Kings ingesluit is gepraat oor hoe goed die bywoning by die stadion was, dit het baie vinning verminder na die eerste paar wedstryde.

Uit die berig is dit duidelik gestel dat die vertonings (ook vorige reekse) in berekening gebring gaan word, so om na 3 oorwinnings die Kings se plek te wil vasmaak maak nie sin nie.

Dit laat my dink aan 2014 se CC. In rondte 3 wen die Bulls hulle eerste wedstryd (tuis teen die Kings) en die Lions verloor hulle eerste wedstryd (weg teen WP). Toe word daar gesê hoe swak die Lions is en hoe goed die Bulls is. Pasop om net na sekere resultate te kyk.

Frans C ·

Die Bulle se rugby het begin stagneer omdat daar ‘n siening was dat dit altyd ‘n wenresep sou bly.Toe ervare Springbokke soos Matfield,Bakkies ,du Preez ens nie meer daar is nie,is daar naarstiglik na soortgelyke plaasvervangers gesoek.

En dit is mi waar die Bulle se probleme begin het.’n Spelpatroon waarin enkele individue belangrike rolle speel, val gewoonlik uitmekaar as die sleutelspelers verdwyn.Die spelers
waarop die spelpatroon baseer was ,was enig in hul soort.

Die span kan slegs sukses behaal as alle spelers inkoop by ‘n spelpatroon wat by hul
huidige vlak van vaardighede en fiksheidvlakke pas.Soos dit toeneem kan die spelpatroon aangepas word.

Kiepie ·

Al wat ek uit die afgelope paar jaar se SR-petalje geleer het is dat sodra jou plek gewaarborg is, is die motivering om daarvoor te werk nie meer daar nie. Kyk wat het gebeur toe die Leeus ‘n jaar lank in die wildernis moes rondswerf, hulle het vinnig besef dat as hulle wil oorleef sal hulle dinge baie vinnig moet regruk. Dieselfde nou met die Kings, die oomblik toe daar gesê word hulle gaan hulle plek verloor, toe is hulle oorgehaal om almal verkeerd te bewys.
Die Cheetahs bv. daarinteen het nog altyd gedink hulle plek is verseker en daarom het hulle geen motivering gehad om die moeilike besluite te neem en te implementeer nie. Nou sit hulle met die gebakte pere en wil hof toe hardloop.
Ek dink dis hoog tyd dat spanne en Unies weer hulle plekke begin verdien op onlangse prestasie en nie op 10 jaar terug s’n nie.

Christo Visagie ·

Stem 100% saam met jou, die swakste SA span wat super rugby speel die jaar moet dan uitspeel teen die span wat nie die jaar gespeel het nie.

Stormer ·

Die bulls sal moet saam smelt met die Lions, dit is al uitweg! In die oos kaap is daar baie talent om te ontwikkel , bulle se dae is getel

Arie ·

Dit werk nie het jy van die Cats vergeet?? Die Lions het ons nie nodig nie en as ek ‘n stormer was het ek eerder my mond gehou

Jack Russl ·

As jy so graag spanne wil saamsmelt, hoekom nie die stormers en kings nie, dan is hulle tuisveld in George.

Marius ·

Ja stormers laat die Kings julle help julle het goeie talent nodig.Sal ook maar stil bly as ek ‘n stormer was.(Trotse Leeu!!!!)

koos ·

ek dink die Bulls kan die Leeus se uitdaagbeker span word. hulle gaan nie plek kry on die Leeus span.

en met samesmelting gaan die Bulls weer ondehandel dat Nollis die superrugby afrigter moet wees. dan begin die stamokar weer.

Stormers, Kings, sharks en die Leeus (reserwe krag, bulle en cheetas.

Nico ·

Kings moet behoue bly. Sedert hulle toegelaat is het hulle nog nie ‘n regverdige kans gehad om hul plek vas te messel nie. Kyk reeds die groot verskil nadat hulle met ‘n bietjie kontinuteit saamkom van verlede jaar. In 2013 het hulle eers ongevee. Augustus die vorige jaar gehoor hulle gaan superrugby speel. Al hul talent was reeds teen daardie tyd in ander bonde se besit. Onder omstandighede het hulle hul hoed van hul taak gekwyt. As Corrie Peypers hulle nie uit die 1ste relugasie wedstryd gehaal het nie was hulle waarskynlik sedert 2013 elke jaar in superrugby en waar kom hulle dan nie nou al gestaan het nie. O ja ek is ‘n Kings ondersteuner omdat ek in daardie wêreld groot geword het maar is ook ‘n stoere Cheetah ondrsteuner maar op hul vertonings sedert hulle as Cheetahs deelneem het hul geen reg om daar te wees nie.

Henno ·

Nico, dankie vir jou wyse woorde. Ek stem volkome saam en ongelukkig haal die mense nie die emosie uit die petalje nie. Die Oos-Kaap is voedingsbron van swart spelers, en met die tranformasie tekens, is dit brood nodig om daai talent te ontwikkel, as ons ooit weer sterk Bok span wil sien. Ook nie net swart spelers nie, maar talente soos Cloete en Paul, ware Oos Kapenaars. Bo op dit, is die OK honger vir rugby. En die Kings is vir wolwe gegooi en kyk wat bereik hul. Hul word afgejak oral maar dis maar ons derde seisoen in die reeks, waarvan een, soos jy noem, geensins voorbereiding gehad nie. Vir my is dit “no brainer”.

rudolph ·

ai ou stormer jul is nie veel beter as die bulle nie..gaan speel op robbeneiland dan kan jul ook brag dat jul oorsee gespeel het

jano ·

Ek hou daarvan dat die onderste spanne uitspeel om te sien wie bly in die slag
Springbok proewe was ook in die goeie jare baie suksesvol
Stel dit weer in

Bloubefoeterd ·

Almal wat die Bulle so afskryf… Wonder maar net of die Kings 3 in n ry teen die Crusaders Chiefs Hurricanes sou wen? Beoordeel n span oor 2 of 3 seisoene. Nie op grond van een seisoen nie. Eks opgewonde oor die talent by die Kings en hulle veggees maar sak Sarel voor jy sommer ‘n groot unie soos die Bulle Uitgooi.

BlouNul ·

Groot Unie soos die Bulle? Staan 50 af teen die Saders op Moftus?? kry pak teen Stormers in die Kaap … verloor op ‘n nat veld teen Highlanders met 30 toeskouers? … Die Bulle worry te veel oor wiese hare hulle volgende gaan skeer en wat op hulle “plasters en verbande” staan … Kings gaan julle nog trap of Moftus – darem is daar TV vir almal om te sien – sou wou he daar moet darem meer as 100 mense wees wat dit in lewende lywe witness!

Veritas ·

Jano daar is geen plaasver anger vir proewe nie. In sulke proefwedstryde word die vas byters en deurdrukkers uitgewys. Blote talent is nie al wat tel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.