Saru-medelye nadat speler van Pirates ná besering sterf

Mark Alexander, Saru se president herkies. (Foto: Facebook/Saru)

Die president van die SA Rugbyunie (Saru), Mark Alexander, het sy medelye met die familie en vriende van Wayne Sibanda uitgespreek wat Dinsdag ná ʼn besering Saterdag beswyk het.

Die 21-jarige Sibanda het na verneem word Saterdag die eerste keer vir Pirates se tweede span gespeel. Hy het die kopbesering teen die NWU-Pukke in Potchefstroom opgedoen.

Hy is volgens Saru se verklaring ná die wedstryd na die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg geneem. Nadat sy toestand verswak het, is Sibanda vroeg Sondagoggend aan ʼn ventilator gekoppel om hom met sy asemhaling te help en om hom voor te berei met die oog op ʼn operasie om bloeding op die brein te verlig, en na die Charlotte Maxeke-hospitaal oorgeplaas.

Die beplande operasie is egter gekanselleer nadat Sibanda breindood verklaar is. Sy familie is in kennis gestel en hy is vroeg Dinsdagoggend oorlede

Pirates Rugbyklub, wat vanjaar sy 130ste bestaansjaar vier, sal die gesin saam met die Chris Burger Petro Jackson-fonds met begrafnisreëlings en -koste bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Baie tragies en diepste medelye aan Wayne Sibanda se familie. Sleg as iemand sport doen vir ontspanning net om dan jou lewe so tragies op abnormale wyse te verloor.

SARU ek wil darem net graag weet of julle jul medelye ook aan Gert Roets se familie betuig het, wat ook in abnormale omstandighede oorlede is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.