Saru moet André Watson weer in sy ou pos aanstel

André Watson – moet heraangestel word

Die arbeidshof het Vrydag beslis dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sy voormalige hoofbestuurder van skeidsregter, André Watson, in sy pos moet herstel.

Watson, die enigste man wat in twee Wêreldbekereindstryde geblaas het, is in Julie 2015 deur Saru in die pad gesteek.

Saru bestudeer tans die uitspraak maar is in  die moeilike posisie dat “Banks” Yantolo vroeg verlede jaar in Watson se pos aangestel is en nou ná die arbeidshof se uitspraak vir hom sal moet plek maak.

Watson se afdanking het gevolg op ʼn onafhanklike ondersoek ná klagtes van mense in Saru se skeidsregtersdepartement oor Watson se “diktatoriale” bestuurstyl en die beweerde behandeling van skeidsregters.

Watson het teen die bevinding van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie geappelleer en die arbeidshof het die bevinding dat hy afgedank word, ter syde gestel. Daar is bevind dat daar nie genoeg bewyse was om Watson te ontslaan nie.

Saru is beveel om die ontslag te vervang met ʼn brief van waarskuwing en dat Watson in dieselfde pos, met dieselfde diensvoorwaardes en voordele, en ook met terugbetaling van ʼn substansiële gedeelte van sy verbeurde salaris, sy diens moet voortsit, volgens sy regsverteenwoordiger Bertie Grobbelaar.

♦  Watson hou, benewens die rekord van twee Wêreldbekereindstryde, ook dié in Curriebekereindstryde (7) en Superrugby (5).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico ·

Dit is goed so want van die begin af was daar ‘n swart politieke geur aan die storie. Hulle kon nie gou genoeg spring om ‘n swart beampte aan te stel nie wetende dat dit nog nie die einde van die saak was nie. Diė wat nie daarmee tevrede is nie moet maar weer na Australië toe gaan.

MH ·

SARU val so oor hulle eie voete in hulle pogings om polities korrek te wees dat hulle hulleself telkens in daardie einste voete skiet.

Mielie ·

SARU het al n paar flops gehad. Ek glo daar is nog n paar aan die kom. Kyk maar na hulle vorige afrigtingspan van hulle nationale span. Kleur?

Gatvol ·

Die grootste flop in SARU se geledere, is uit en uit Jurie Roux. Dink daar moet baie meer intens na sy bewegings ondersoek ingestel word.

Arie ·

Ou Gatvol ek stem volkome met jou saam maar is allermins `n Watson aanhanger, net so groot fout as Jurie. ….sorry fout is eintlik die regte word nie!

Jaybee ·

Dit was ‘n goeie uitspraak wat die hof gelewer het. Saru (net soos die anc) dink hulle is onaantasbaar. Ek sal egter twee keer dink as ek Watson is om die pos weer te aanvaar. Jurie asook Chean Roux moet hul ry kry.

Henry ·

Wonder wat Kaplan nou te sê het.
Kaplan was aan die voorpunt van die klaers oor Watson se bestuurstyl.

Lol ·

Watson, Tappe Henning , Kaplan , ens…… wou erken dat skeidsregters ook verkeerd kan wees. Almal het gedink hulle is groter as die spel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.